Friday 22 January 2010

Leefstyl Eetgewoontes

Ek is oortuig in my hart dat jy alles mag eet, maar nie alles is noodwendig goed vir jou nie.

Diёte hou jou in gevangeskap. Ons staan onder soveel skuldgevoelens, wat allerhande verdrukkings voortbring, soos depressie, swaarmoedigheid, spanning, angs, buierigheid.

Jesus het gekom ons ons vry te koop… Johannes 8:36

Om vry te wees beteken nie jy moet ‘n halwe dag lank aan spyskaarte beplan nie.
Om vry te wees beteken nie dat jy moet skuldig voel elke keer as jy ‘n sjokolade geeet het nie.
Om vry te wees … is om waarlik vry te wees.
Om vry te wees; is

Om ingeligte en wyse voedsel keuses te maak
(Hosea 8:6 – My volk gaan ten grondde as gevolg van ‘n gebrek aan kennis

Om vraatsuk en ooreet onder beheer te kry
(Spr 23:21 – want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm word)
(Spr 23:2 … en sit ‘n mes opjoukeel as jy ‘n goeie eetlus het)

Om gedurig daaroor te tob en spyskaarte it te werk nie.
(Spr 23.2 – moenie jul kwel oor wat jul sal eet of drink nie)

Vir baie jare het sommige van ons ‘n leeftyd lank ongesond geeet. Kosse wat ons liggame negatief geaffekteer het en nie opgebou het nie. (Wat weer veroudering teweeg gebring).

Ons het uit lus, verveeldheid, en onder emosionele druk begin eet… ooreet.. toegegee aan vraatsigheid.
Ooreet is meeste van die tyd ‘n geestelike probleem en derhalwe ‘n geestelike oplossing.
Elke oorgewig persoon het al die frustrasie ondervind om hierdie geestelike stryd met vleeslike wapens
te veg.

Dieёt is ‘n vleeslike wapen. Dieёt honger jou liggaam uit, affekteer nie die gees van ooreeting binne jou nie. Dit is hoekom jy op ‘n dieёt kan gaan en gewig verloor. Die oomblik wanneer jy ophou, tel jy die gewig weer op.

Want jy het nie met die vraatsug en ooreet gedeel nie… ‘n aanhoudende terugval, dieselfde siklus.

Sekere hoogs-suksesvolle Dieёt laat jou toe om baie kos te eet. Jy kan van spesifieke kossoorte eet so veel jy wil, soos bv wortels en seldery. In plaas daarvan dat jy sjokolades en koekies eet, knibbel jy heeldag aan gesonde kosse. Die vraat eet lae kaloriё kosse ipv hoё kaloriё kosse. Natuurlik sal die persoon gewig verloor. Maar die begeerte om te ooreet is nog steeds daar.

Ons se baie maklik vir ‘n oorgewig persoon ..’ag dis maak nie saak nie, dis nie so erg nie, eet maar vandag nog ‘n koekie..’
Dit maak saak. Ooreet is ‘n sonde.

Hoekom se ons dan nie vir ‘n dronkaard – ..’ag dit maak nie saak nie, dis nie so erg nie, vat maar nog ‘n slukkie…’ nie?

Alkohol het ook net so ‘n verwoestende effek soos ooreet op die persoon, en die res van die familie …

Matheus 5:48
‘Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is…”

Streef na heiligheid.
Om jou liggaam te beskadig en vernietig in baie gevalle, met oormatige vet en konstante gewigs veranderings is nie om perfek te wees nie.
Sonde affronteer nie net die Here omdat Hy Heilig is nie; dit affronter Hom omdat dit kontrasterend is in die manier waarop die Here ons geskape het. Die Here haat sonde omdat dit ons vernietig.
Jy moet gaan retrospeksie hou van hoekom jy ooreet… is jy bloot verveeld of is daar werklik ‘n dieper rede soos ek nou hier genoem het?

No comments:

Post a Comment