Friday 22 January 2010

Kleredrag

Beklee jouself met waarheen jy oppad is… Dis soms ‘n tawwe journey.

Hoekom is dit vir ons vrouens so moeilik om nie aan te trek wat ons regtig wil nie! As jy ‘n vrou is, trek soos ‘n vrou aan – jy is nie iets in-between nie. Jy is vrou. Vroulik. Verruklik.

Waag dit om te eksperimenteer. Moenie bang wees nie. Ons sien baie keer ‘n vrou wat iets aan het en jy begeer om ook so te lyk. Maar dan se jy, …so iets sal my nie pas nie… dis net ‘n verskoning om nie te waag nie! Jy wil dan so graag. Pas dit aan. Ja man. Ek hou van lae en lae klere. Deurmekaar en oormekaar – rokke oor langbroeke en baie juwele. Ek is mal daaroor. En daar was verseker ‘n tyd wat ek self ook nie die vrymoedigheid gehad het om te eksperimenteer nie. Ek het nie baie selfvertroue gehad nie, my self-beeld was laag en ek het soveel as moontlik uit die oog uit probeer aantrek. Sien my net nie raak nie klere. ‘n Vlammende oranje bloes sou heeltemal te veel aandag op my gesit het. Ek sou heeltemal ontbloot gevoel het… Want my stukkende hart sou glad nie nog ‘n negatiewe aanmerking oor my sou kon hanteer het nie. Ek het weg gekruip in my klere… kleure… Ek het op ‘n stadium my gedagtes probeer onderdruk deur te eet en omdat ek gewig aangesit het, was swart die enigste kleur wat ek verkies het om te dra. In my opinie het ek die gewig wat opgetel het, weggesteek en dit het by my gemoedstemming gepas. Ek het vir ‘n hele paar jaar gerou. En wanneer ek probeer het om iets met meer kleur aan te trek, het ek skuldig gevoel. Amper so asof ek my eie hart verraai. Verkrag. Want my hart is dan stukkend, hoe kan ek dan nou anders wil aantrek. Swart pas by my gemoed. My omstandighede. Ek was gemaklik in swart. Gemaklik in my seer. Dit het my comfort zone begin raak. Ek ken dit al vir soveel jare. Dit pas my soos ‘n handskoen. Ek was ongemaklik om my tent pemne uit te trek.

Toe ek die Here in my hart ingenooi het, en ek ‘n pad van genesing begin stap het, het ek al hoe gemakliker begin voel met ander kleure. Ander snitte.

Ek wou waaaaag. Ek was lus. Dit was g8!

Ek hou nog van swart. Ek is mal daaroor. Ons ken mekaar. Ons het ‘n pad gestap… ek en swart.

Die Here het my begin leer hoe belangrik dit is om vroulik aan te trek. Vroulik en vrolik. Dit lig jou gemoed, en laat jou goed voel. As jy vrouliker wil wees, begin sό aan te trek. Die Here het jou as ‘n vrou geskape, alles van vrou-wees is dus binne-in jou en wag om ontluik te word.

Jou graad (level) van vroulikheid is jou uitsluitlike keuse. Dit hang ook af van die keuse van jou kleredrag, jou gedrag en jou optrede.

Eer die Here met die keuse van jou kleredrag. Hou jou borste toe! Dis onsmaaklik om te ‘flaunt what you’ve got’. Moenie jou broer laat struikel nie. Jy moet weet jy gaan verseker verantwoording daarvoor doen by die Here. Dieselfde geld vir te stywe broeke en te kort rokkies. ‘n Man sal altyd vir ‘n vrou kyk. Altyd. Dis ‘n man-ding. Vet, maer, jonk, oud dit maak nie saak nie, maar moenie ‘n man laat struikel nie.
In Restourasie kyk ons na allerhande bykomstighede, van serpe, skoene tot die korrekte onderklere. Ons ruil idees uit oor watter style goed by jou gaan pas. Ons ondersoek en waag…

No comments:

Post a Comment