Friday, 22 January 2010

Berg-Op

Hoeveel keer kom ons nie te staan voor ‘n berg in ons lewe nie. ‘n Berg so hoog en op die oog-af, so on-klimbaar dat ons nie eers probeer om dit te klim nie.
Ek het al te veel kere in my lewe tou op gegooi. Die berg was so ‘n ‘in-my-face’ realiteit dat ek net nie kans gesien het nie.

Was jy al daar, waar jy die berg bekýk, assesseer, bedink, beplan, selfs ver ente langs die berg probeer stap en dan besluit die journey gaan te lank neem. Dit gaan te moeilik wees dat jy nie eens probeer nie. Jy gaan liewer kamp opslaan by die berg. Miskien dan gaan jy kans sien om eerder ‘n ompad te vat.. óm hom te loop.
Vir soveel ‘waisted’ jare, het ek gekamp langs die berg aan die voet-en-ent. Ek het myself al so gerieflik ingerig dat ek gedink het dis toe nie so erg aan die voet-en-ent nie. Ek het nou nie ‘n fantastiese uitsig nie, maar vir eers kan dié doen.

Tot daar weer ‘n storm om my los bars, dan beskou ek weer die berg, probeer moed bymekaar skraap en myself motiveer om maar wel te klim.

Net sodra ek weer wil tou opgooi, dan hoor ek ‘n stem wat sê ”… Kom, klim tot bo…”

Tot die dag wat ek my tentpenne uitgetrek het. Dit was seer. Ek moes soveel dinge agter laat. Dinge wat vir my belangrik en geliefd was. Wat my geselskap was vir baie jare. Waaraan ek so geklou het, wat my comfort-zone geraak het. Maar ek het besef ek dra te swaar. As ek die journey na vryheid, na nuwe hoogtes, na ‘n beter uitsig wou hê mos ek mense en dinge agter los. My soeke na vrede, en oplossings, na vryheid het só oorweldigend dringender geraak as dit waaraan ek vasgeklou het.

Ek moes. Iets het my gejaag. Geroep. Na beter, na hoër. Na meer., na Vryheid. Hoop. Desperaatheid.

Soos wat ek tree vir tree gegee het en gesukkel het, het die Here my elke keer ‘n stukkie gereedskap, ‘n stukkie, waarheid aangegee wat my vashou plek gegee het. Daar was tye wat ek net teen die hange van die berg gaan sit het. Gehuil het. Ek was net te moeg om aan te gaan. Lewensmoeg.

Die berg was net te hoog. Ek was bang ek sou val. Ek wou net lê en huil oor my moegheid. My omstandighede. My sukkel. My eensaamheid. Soms was dit my huwelik. Ander kere was ek bekommerd oor my kinders. By tye het ek getwyfel in my vermoë om my kinders groot te maak. Soms was die gevolge van verkeerde besluite so oorweldigend dat ek nie geweet het hoe nou nie.

Dan het Jesus langs my kom sit. Met ‘n slukke water ... en rustig vertel hoe trots Hy op my is. Dat ek begin klim het. Dat, al was ek bang, ek Hom vertrou het om my te help. Dan stel Hy my oor en oor gerus, Hy sal die hele pad saam my klim. My wys waar ek moet trap, waar ek moet vashou.

En elke keer wanneer ek ongemaklik en bang raak, dan hoor ek Hom weer sê..” Kom, klim tot bo…”

Ek wou nie. Ek was so onfiks. Dis moeilik Here. Hoor U my nie!!! Ek wil nie meer klim nie.

..” Kom klim nog bietje hoër, tot bo…”

Na baie trane, eelte, splinters en wonde is ek bo !!!

What a view Here !

Die Here was só verskriklik opgewonde oor my journey ! As ek net vroeër geweet het Hy sou so reageer sou ek eerder harder probeer het. Vinniger probeer klim het.

Die Here kon skaars wag dat ek my asem moes kry om my Sý view te wys. Van bo af.

Here, als is so duideliker hier bo. Crystal Clear. Niks lyk vir my onoorwinbaar nie. Ek sien tot vér – selfs die sonsopkoms sien ek met ander oë.

Ek verstaan nou hoekom Moses so graag vir U op die berg gaan kuier het. Want om U glorie te aanskou is a breath-taking view.

Dankie vir die uitnodiging om vir U te gaan kuier. Keer op Keer.

Wat ‘n journey Here.

No comments:

Post a Comment

oh how He loves is

I recently meditated on Genesis 3.21 - and once again realised how much God must have love His Adam and Eve. When they sinned against...