Monday, 25 January 2010

Namibie

‘n Stukkie aarde, ‘n stukkie van U hart, 'n stukkie van U droom...

Here, ek het weereens, ‘n nuwe diepte van U ontdek die naweek. Iets wat U so saggies in my kom neer sit het, sonder dat ek dadelik daarvan bewus was. Toe ek voel, toe is dit daar. U het ‘n ander tipe honger in my hart gevul. Iets vir my gegee wat ek nie in woorde kan beskryf nie. ‘n Geskenk, so saggies, so onmisbaar kosbaar, heilig…

Hoe kry U dit reg, om so saggies, só raak te vat? U het die vermoë om so teer met gebroke harte te werk, om stukkie vir stukkie weer bymekaar te sit, maar uit dieselfde hart, iets nuuts te vorm.

Hoe kry U dit reg om nuwe hoop in ‘n stukkende vroutjie se hart te plaas? Om droewigheid met blydskap te vervang binne enkele oomblikke? Om dofheid uit ou oë te haal, en dit te laat blink soos ‘n verliefde bruid sin?

Hoe kan die mensdom U bestaan ontken Here? Hoe kan hul U ontken? Here my mense-hart verstaan dit nie. Iets in my wil in opstand kom daaroor! Sien hulle nie U liefde vir die mensdom raak nie? Het hul nog nooit die Godheid van U beleef nie? U glorie nog nooit aanskou nie?

Kyk hul die kruis mis, Here?

Stuur my Vader Here om vir die mense die Kruis te wys.!

No comments:

Post a Comment

8 Characteristics of Believers Who Don’t Give Up in the Battle

Living for Christ is hard—sometimes so hard that we’re tempted to wonder if it’s worth the sacrifice. It is, of course, but difficultie...