Tuesday 5 June 2012

Wanneer jy my verlaat


Met elke vaarwel
Is daar ‘n traan wat val
Vir daardie half uur of twee
Was daar niemand behalwe ons twee

Dan gaan daardie lang wyster staan
Daar waar my moed weer weg wil gaan
Dit is tyd dat jy my moet verlaat
Die lee spasie in my bestaan wat jy weer agter laat

Die lee koppies spreek van jou eens teenwoordigheid
Jou mooi glimlag op die rand is wat oor is na die afskeid
Jou parfuum soet en sag op my hemp
Is al wat help om die hartseer te demp

Met trae gees wil ek die koppies was
Maar dan keer ‘n traan terug, want weg is nou, my spesiale gas
So vul elke traan ‘n oog
Nou is dit selfs moeilik om die pierings te sien om af te droog

Maar my gees bly gevul
Met mooi herinneringe van tye saam
Tye wat ons in liefde hul
Tye waar slegs ons bestaan

~ annoniem

No comments:

Post a Comment