Thursday 25 March 2010

Hoe seer is weer-seer Here?

Ek weet nie hoe om die seer in my vandag te hanteer nie Here.  Dit voel opnuut asof die seer in my hart oopgeruk is.  Here hoekom maak dit gister se seer dan nou weer opnuut wakker... Was dit al die tyd net steke in my hart gewees?  Ek het gedink, geglo! dat ek ok is, dat die wonde geheel het!  Het dit dan nie Here? Het ek myself net gebluf al die tyd en als net onderdruk?

Here, hierdie ding is vir my net te swaar vandag... My ingewande is lam... geskok... teleurgesteld.

Weer...

Ek kan my trane nie inhou nie, ek probeer maar sukkel want dit voel asof 'n damwal binne-in my wil oopbreuk.  Maak my verstaan Here, my hart en verstand moet die ding verstaan !!  My selfbeeld hang aan 'n draadjie of verbeel ek my daaroor dan nou ook... is daar nog 'n draadjie - erens.  Ek kan nie Here.

...'Refiners Fire....'

Hoe tel ek my kop op na vandag? Hoe face ek ... hierdie dinge?
Wat nou?  Here, my hele wese roep uit na U om my op te tel, eenkant toe weg te dra...
Ek wil in vlees reageer, weghardloop. Dis te moeilik Here.  Dis vandag net te moeilik.
Here, ek dink nie ek kan nie; al se U woord 'ek kan'...
Kan ek werklik Here?
Hoekom, weer... ?

Vir hoe lank kan mens seer hanteer
Hoe seer is weer-seer Here?

No comments:

Post a Comment