Friday 12 March 2010

Testimonies



Liewe Liewe Suzette**************

Ek het op jou blog afgekom via FAce Book Ek het jou blog gelees en bietjie daardeur geblaai, jy, laat my aan myself dink. Ek het diep seergekry my hele lewe lank, en ek weet nie hoe om dit aan mense oor te vertel wat God vir my gedoen het. Dit is so onbeskryflik dat ek te min woorde het om dit te vertel.

Ek is 15 jaar gekei en moes my dogter alleen grootmaak en dit was moeilik gewees, die pa wou nie onderhoud betaal tot die skeisaak afgehandel was nie. Die skeisaak het 2 jaar geduur omrede hy gestry het oor die bedrag wat hy sou moes betaal elke maand. Ek het 3 werke gehad om kop bo water te hou. Min het ek eintlik geweet dat Jesus my gedra het in daardie tyd. My hartseer en verdriet was so erg gewees dat ek nie agtergekom het dat Jesus my dra nie.

Ek het weer iemand ontmoet en het 'n seuntjie by hom. Maar dinge het weereens nie uitgewerk nie. Seun is nou 8 jaar oud en op die oomblik leef ons net op God se genade. Ek doen ook websites maar besigheid in albei rigtings is maar stadig. Alhoewel dit baie sleg gaan finansieel op die oomblik loof en prys ek die Here nog steeds. Ek is lief vir God soos ek vir geen mens kan beskryf nie. Ek kannie nou laat los nie anders is ek my loon wat God vir my instoor het kwyt. Ek glo God gaan al Sy beloftes wat hy in Sy Woord vir my belowe het nakom sommer een van die dae.

Jy is 'n amazing vrou, uniek geskape deur ons Vader.

"Jesus, dankie dat Suzette 'n vrou na aan U hart is. Here, seen haar en haar gesin maak hulle voorspoedig Here. Seen haar goeie werke en dankie dat sy 'n inspirasie is vir die geknakte riete daarbuite. Here laat u lig deur haar skyn sodat almal kan weet hierdie is 'n Koning se dogter. Amen"

Groete
xxxx




Suzette,

Na my journey by Restorasie het ek met gedagtes begin speel oor vrou wees en hoe baie "manswees", priester, koning, profeet beklemtoon en gedruk word - so toe dink ek aan Restorasie as 'n vorm van reformasie van die vrou se rol in die koninkryk en nie net daar nie maar in die sameleweing en dat vroue OOK hul plek moet inneem en hulle mans moet begin beskerm en baie van ons "besef" nie hoe belangrik dit is nie. Vroue moet daarvan hou om vrou te wees!!

Ek was altyd gekonfronteer met die fyner dingetjies van vrou wees, M A A R vandat ek daardie konfrontasie geface het, het so baie dinge vir my "oop" gegaan. Ek het my klere kas begin uitgooi (baggage in my lewe begin uitgooi, emosioneel en geestlik. Ek wil se dit is baie maklik fisies en selfs geestlik, maar die siel area, hy het gesukkel), my kamer, my Pa het vir my n truso kis gebou (droom droom droom), ek het begin uitsien na my man (dit was nog altyd iets waarna ek nie GESOEK het nie, ek het die houding gehad as dit moet sal dit en was nooit seker of ek bestem is om te trou en kinders te he nie. Dit was omgekeer vir my. ek het uitgesien na kinders, nie n man nie) en ek is baie baie bewus van wat ek aantrek, hoe ek lyk en ook praat ens ens ens. (Ons sal nog gaan koffie en oor alles praat). Die punt wat ek maak is; toe die fisiese dinge waaroor ek onseker was as vrou vir my bevestig was, het ek begin geniet om vrou te wees en die waarde daarvan le in ons identiteit as vrou wees ook! As jy weet wie jy is...

C


**************


Restoration Retreat

Getuienis 1:
Ek was al ‘n hele paar keer genader om te gaan en elke keer het ek natuurlike verskeie ‘legit’ verskonings hoekom ek nou eintlik nie sal kan nie… wel – my voete word onder my uitgeruk, my hart is stukkend en ek doen reelings ens ens met die spoed van wit lig, ek vat nie grond nie, gee myself nie kans om tot stilstand te kom en te dink nie. ek staan vir meer as 2 weke lank op met dik gehuilde oë, dus slaap ek nie – 2 en ‘n bietjie laaaaaaang weke!!!! ek voel naby breekpunt maar ek is suzette ek kan en sal nie breek nie ek moet aangaan, aangaan, aangaan……
Op ‘n stadium in hierdie warboel waarin ek my bevind word ek weer gevra of ek wil saamgaan – en sonder om te dink is my antwoord ja. die dag kom nader en my vriendin word siek en my eerste vraag aan haar is: “gaan ons nog of nie?” mmmm

gedink dit gaan werk? nee dit het nie – en vrydag verkas ek op my vroeë vrydag middag en laai ek my vriendin op en is ons fort. Zebula hier kom ons – ek weet nie wat om te verwag, maar een troos die natuur en die stilte is daar!!!! rustigheid en kans om te stop en te dink…
Vrydag middag laat is ons daar, pak af en sit by die boma – waar Suzette (noem haar maar die hoofmeisie) besig is met ‘n vuur nogal!!!! ons kuier en leer mekaar bietjie ken…
In die slaapkamers wat aan elk toegeken is, is daar ‘n toegeplakte a4 koevert op die voetenend met elkeen se naam, moet ek oopmaak of nie? besluit daarteen – sal maar later. daar is die oulikste goedjies – liefdevol gemaak en liefdevol daar gesit!!! knop in die keel – ken dit nie meer nie.. dis moeilik maar die dankbaarheid vir die 3 mense wel in my op – ‘n traan word gepik.
Na ‘n ongelooflike nagrus begin my dag met ‘n heerlike ontbyt op die stoep – die stilte, die natuur, die voels en diere, wolke wat verby dryf, die wind wat liggies swiep – dit laat jou dink… “het julle julle briefies gelees” van ons het ander nie – dis ‘n persoonlike profesie aan elke persoon daar – ek haas my terug kamer toe en met ‘n anstigheid maak ek die koevert oop om te lees – ek bid in my gedagtes – ek begin die profesie lees…kan dit wees – hoeveel keer het ek hierdie woord al bevestig gekry vir my???? ek moet nou kennis neem die Here het ‘n werk vir my !
Ons gaan na die boonste stoep en daar wag so ‘n dik leêr – ai tog waarin het ek my begeef sou eerder wou gaan vir ‘n masering (die spiere in my hele lyf is stokstyf van die laaste 2 weke kan nogal doen met een). wel – vasbyt en laat ons maar kyk… my mond het oopgehang – net deur die pratery, die take, die samesyn – samesyn met mekaar en samesyn met die here!!! – ek voel sy teenwoordigheid – ek voel hoe die heilige gees binne my begin praat - met my – die spanning spoel uit my spiere en daar kom ‘n vrede oor my ‘n groot liefdevolle vrede…die woord wat uitgaan, die besprekings, dit alles bring vrede in my die besef dat ek ‘n kind van god is – spesiaal is en dat hy my liefhet en met my bemoeienis wil maak. die here wys vir my ‘n groot groep mense en voor aan die punt is ek – ek wat Suzette is – praat met hierdie mense, lei hulle en hulle volg…die wonderlikheid van saterdag was ook dat alles wat ons aangepak het volgens Jesus se woord gedoen is – ons kon intimiteit, higiene, beplanning alles bespreek en uit die woord sien dat dit so moet wees!!!! die Here se seen is intens terwyl ons besig is, ek het dit baie lanklaas so ervaar – maar ek is dankbaar, dankbaar dat ek wel gekom het en dankbaar dat die Here met my bemoeienis maak nie teenstaande al die ander goed in my lewe.
Ek chat lank met iemand die aand, ‘n kind – maar met die chat met haar begin ek dinge binne my losmaak, ek dryf dit uit want sy laat my deur nuwe oe na die situasies kyk!!! ek dink nie sy weet enigsins wat sy daardie aand vir my beteken het nie – ek het ‘n tydjie gehad om vry te kom van dinge en situasies en mense wat my vashou!!!! na 12 gaan slaap ons eers maar dit was met verwondering dat ek in die bed geklim het en met ‘n blydskap en afwagting kon gaan slaap oor dit wat gebeur het en nog gaan gebeur……die verwagting vir sondag is groot en met hierdie laaste gevoel en gedagte verval ek in ‘n ongelooflike wonderlike slaap – die luukse wat ek die afgelope 2 weke nie geken het nie.
Sondag voel ek werklik ligter – nie in kilogramme nie ek wens maar net – maar geestelik. ons word bedien met nagmaal en ‘n wonderlike salwing van die heilige gees is teenwoordig en word ons voete gewas – vrymaking, vrymaking van die ‘bondage’ ek kon die groot seermaak hierbinne ‘release’ – die mense vryspreek wat my gebonde hou en Jesus se vrede en liefde in my hart terugplaas…….
Ek ry om my ouers te gaan groet in mooinooi – ry ‘n 110km draai maar ek doen dit met ‘n lied in my hart, ek bid weer in tale, sing kliphard tot sy eer……. ek wens so die naweek kon aanhou.
As mens wil ek net sê dat ek ‘n ongelooflike dankbare hart het dat ek die kans gehad het om restourasie te ervaar, dit kan saamneem en deelmaak van my, julle is gesalfdes van jesus en het soveel liefde wat julle gee daarom bid ek dat Jesus julle elke minuut van die dag sal volmaak van sy liefde, sodat julle kan voorbou op dit wat ek ervaar het, dat julle die krag daarvoor sal hê en nie uitgesuig sal word nie maar telkens volgemaak sal word van Sy gees.

Restourasie het vir weer die mooi van liefde gewys – liefde vir Sy skepping, die mens, natuur, dier. drome ontsluit wat daar diep binne weggebêre was omdat almal eerste gestel was en ek laaste.

Ek leef nou nader aan god – ek wil elke dag met sy krag en liefde begin en eindig, ek wil sy woord aan my uitleef sodat almal kan ervaar wat ek ervaar – ek wil die jesus kleed aantrek – ek wil die lig wees wat almal aantrek na hom soos die mot met die kers – my gebed is dat Jesus my krag sal gee om so te leef, en ek weet met Hom aan my sy en die restourasie produk kan en sal ek dit vervolvoer!!!!!!!

Dankie vir julle en mag julle van krag tot krag gaan en mag Jesus julle seen met wysheid, krag, liefde en deernis.

Getuienis 2:
Die naweek het my gewys hoe om weer te begin droom. Dit hoef nie net by jou huis te bly nie, maar ek kan ook oor ander dinge begin droom en dieselfde beginsel gebruik.
Dit het my gewys wat om te doen met dinge uit die verlede - hoe om dit af te sny en hoe om dit uit te haal uit my lewe uit.  Ek moet oor die leemte nou vul met die Woord van God.

Ek moet dingein die oopte bring want die Here is 'n gentleman en sal nie Homself opdring nie.  Ek moet vir Hom se ek wil he Hy moet my verander en ek moet my samewerking gee. Ek moet nie net stop om woordvloeke uit te spreek nie, maar ek moet weet dnge kom nie vanself nie, ek moet ook lewe spreek in my situasie en die oorvloed roep.

Dit het my geleer dat dit waarvan jy en waarmee jy goed is, gewoonlik jou bediening is.
Baie dankie vir die baie moeite wat jy en jou span gedoen het hierdie naweek.  Die baie kaartjies en mooi leers is 'n riem onder my hart.  Ek het baie geleer en gesien die duiwel lieg vir 'n mens tot oor jou selfbeeld en dat wat jy dink 'n swak selfbeeld is in der waarheid maar net my swak foute en terkortkominge is en dat my selfbeeld in Christus Jesus is.

Baie dankie vir alles

Getuienis 3:
Restourasie het my laat beself dat 'n mens so gou kan stagneer in 'n situasie, stadium in jou lewe, sekere maniere van dinge doen, denkwyses, hoe jy lyk. Dis eintlik so lekker om goed te verander, maar ek doen dit so min. Dis gerieflik dat jy in jou comfort zone bly. Ek het hierdie naweek besef dat die Here my dieselfde sien as al sy ander kinders.  Ek moet ophou dat my issues my aftrek, want dit is net die vyand wat my verhouding met God wil kom beskadig.  God wil ook nie he ek moet pateties wees nie, maar eerder victorius deur hierdie lewe gaan en my toerus en voorberei om 'n Koningskind te wees.

Ek moet ook balans in my lewe kry in terme van werk.  Ek wil die homemaker/peacemaker/safehouse tuis wees. Ek het geleer en tot die beself gekomd at net die Here en my keuses my gelukkig kan maak.  Ek moet 'n besluit neem oor hoe ek in 'n situasie gaan reageer.  Trek ek dit aan en hou 'n pitty party of staan ek sterk in Jesus. Dit is tyd dat mense Jesus in my ook moet raaksien.  Ek moet goed vir die koningkryk begin doen en na ander mense uitryk.

Die hele Restourasie span is amazing.  Hoe almal saamwerk en nederig is om God se kinders te help is vir my 'n eye-opener.  Duer selfs 'n teelepel te was dra by tot die kompleet pakket.  Julle maak 'n goeie span. Dis ook 'n bewys dat jy nie Angus Buchan hoef te wees om 'n impak of iemand se lewe te maak nie.

Ons kan almal iets doen vir die Here, ons moet net bereid wees.
Ekhet lekker gereedskap gekry om dinge in my lewe uit te sorteer en eens en veraltyd dit weg te sit.
Ek is dankbaar vir die hele naweek en die pragtige plek wat die Here deur Sandra voorsien het. Dit was heerlik.

Dankie Suzette, vir jou tyd, woord en bediening en natuurlik al jou geduld.
Dankie Elna vir al die skottelgoed en hulp en jou pragtige lag.
Dankie Sandra vir al die reelings, kosmaak en prag.

Julle is dierbaar en maak 'n great span.  Dankie dat julle nie judge en my gemaklik laat voel.  Julle is dierbaar en mense na wie ek opkyk.  Dankie dat julle sulke goe advertensies vir God is.  Mag jul seeninge oorloop.

Liefde

Getuienis 4:
Ek het in die begin na die naweek gekom, met einlik geen verwagting nie.  Ek het gedink ek gaan net niks doen nie en lekker rus.  Ek en my man het woorde gehad en ek het besef dat ek verseker Restourasie in myself nodig het.  Ek het vrydag met die Here gepraat en vir Hom gevra om iets die naweek vir my te openbaar, want ek het regtig seer, ek het soms regtig nie lus om te lewe nie... ek voel soms dat ek net asem haal.

Toe ek die briefie van Suzette op my bed lees, het ek net begin huil, want dit is presies wat ek moes hoor!  Dit het my meer laat uit sien na die res van die dag wat voorle, want ek het besef, God het my gehoor, Hy sien my seer, Hy sien my behoeftes, en Hy ken my vrese.  En hy het gehoor gegee aan my gebed.

Met die behandeling van die verskillende lessies het ek stukkie vir stukkie begin besef dat ek werklik waar kosbaar is vir God.  Dat God werklik waar lief is vir my, dat Hy werklik net met liefdes-oe na my kyk, ten spyte van my seer, en my foute, sonde, onopgelosde sake.  God het my op die aarde geplaas met 'n rede, Hy het nie  'n fout gemaak nie.  Eerstens het Hy my 'n vrou gemaak en dis so kosbaar om 'n vrou te kan wees... ten spyte van al die verantwoordelikhede wat ons as vrou het, kan dit tog lekker wees om 'n vrou te wees.

Ek het opnuut besef, ek weet dit, maar Ek het nodig gehad om dit weer die naweek te hoor, dat God 'n plan met elkeen van ons in hierdie wereld, Hy het 'n roeping vir elkeen.  En ek weet verseker my roeping le by kinders en ek weet dat ek met kinders moet werk en kinders moet bedien.  Ten spyte van my seer en dinge wat ek nog moet hanteer, kan ek bo dit uitstyg en doen wat die Her my voor geroep het...

Ek sukkel soms om te vergewe... om onvoorwaardelik te vergewe... en dit is soms dan die rede hoekom 'sake' nooit 'n einde kry nie, want daai deur word nooit heeltemal toegemaak en gesluit nie, ek laat toe dat daar 'n skrefie oop bly.  En ek het besef of weer opnuut gehoor dat ek moet klaarkry met dinge, dit hanteer en daai stukkie seer of woede moet uithaal en aangaan.  Onvoorwaardelik aangaan!

Toe ons 'n prentjie moes skep oor 'n tipe rok wat ons, onsself in sien, het ek dadelik 'n prentjie van myself gesien in 'n wit somersrokkie.  Ek het die Here hoor se:  My dogter jy is vry!
God het reeds vir my die prys betaal.  Ek is bly, en ek moet die seer van die verlede afgooi, want God was my skoon, Hy maak my weer wit soos sneeu.  Ek is vry om te lewe, en ek kan los kom van die dinge van die verlede wat my probeer vashou.

Ek wil 'n goeie vrou vir my man wees. Ek het die naweek opnuut besef dat hoe belangrik dit is wat jy aantrek, wat jou optrede is, hoe jou huis lyk, want dit weerspieel wie ek is, dit weerspieel my hart.  Maar ten spyte van hoe belangrik jou versorging is, hoe lekker dit actually is want dis lekker om vrou te wees!

Ek het die naweek baie geniet, ek weet dat dit wat seer is, dit wat heel gemaak is en moet word, nie oornag gaan gebeur nie, maar dit hang alles van myself af van gaan ek daai stap laat gebeur.  Want niemand kan my sake vir my uitsorteer nie.  Behalwe ek en die Here - Ek sien uit na die nuwe ek !!

Baie baie dankie vir alles.  Julle doen wonderlike werk.  Dankie dat jul my so spesiaal laat voel het, dankie vir al die moeite met die kos en alles !! Dis awesome!

Lief vir julle

No comments:

Post a Comment