Wednesday 24 March 2010

Here, ek verstaan nie!

Here ek verstaan dit nie, my mense hart is in die pad... U is die Lig, die Waarheid, Here vandag, skyn dit asb op my hart sodat ek nog 'n paar dinge kan verstaan! Here, U is die belangrikste Mens, Vriend, Wese, Persoon in my lewe.  Dit, weet U is werklik die waarheid. 'n Feit.  Ek wil regtig nie sonder U lewe nie.  Ek kan nie my lewe indink sonder U nie.  U is alles wat ek nodig het.  My hele lewe draai om U.  Ek wil U lief he en aanbid en bewonder en mee dans en gesels en tyd mee spandeer ..!
Waarom dan Here, gebeur dit dat ek - al is dit hoe min kere - vergeet om U heel eerste in die oggend te groet.??  Hoekom kan ek nog so maklik vasgevang raak in dinge van die wereld.  Stupid dinge Here, goed wat nie eens vir my belangrik is nie.  Wat gaan in my hart aan dat ek soms nog eerder wil lelik wees en terug skinder.  Of net soms, met alles in my, iemand wil terug slegse?

Ek wil nie so wees nie Here van my lewe.  Ek wil net goed wees en goed doen en U behaag, met my gedrag en met my gedagtes.  Ek wil 'n lewe lei wat net eer aan U bring.

Ek verstaan al hoe meer en meer Dawid se hart... sy hartstogtelike uitroepe en hulpkrete na U.. U genade.. U liefde.. om in te gryp.

Moet asb nie U Heilige Gees van my wegneem nie.
Ontsondig my met U hissop.
In Jesus Naam
van U gunsgenoot
xxx

No comments:

Post a Comment