Tuesday 24 June 2014

Have a little faith in HIM

Abraham en Sara was albei al baie oud en Sara was verby die ouderdom van kinders in die wêreld bring Toe vra die Here vir Abraham: Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik n kind in die wêreld bring noudat ek oud is?

Is iets te buitengewoon vir die Here?

Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara n seun hê.    Genesis 18:11 13-14

Soms lag ons bitter vir ons eie geloof – en vir God se Woord. Maar die Here hóór! Die Here hoor die bitter lag van die geloofsmoeë mens: dié mens vir wie alles te veel geword het; dié mens wat nie meer kán glo nie. Sara se geluidlose lag bereik die Here se oor.

“Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie” (Jes. 59:1).  Jeremia 1:12

 Intussen bly ek in geloof staan dat dinge sal verander ten goede vir elkeen van ons, dat ons moee gebede beantwoord sal word, dat ons kinders en ons kinds-kinders die Here sal ken, dat ons huwelike sterk sal bly staan ten midde van die wereld se verleidelikhede, dat ons al ons finansiele verpligtinge sal kan nakom ten spyte dat die wereld deur 'n ressesie gaan, dat ons verhoging en bevorderings sal kry al ongeag van menslike besluite, dat ons kinders uit verre en vreemde lande sal terug keer huis toe al het omstandighede nie verander nie....   Jeremia 1:12:   Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring

As jy nie HOOP het nie het jy niks. If you don't have HOPE your faith has no substance to work with.

 

No comments:

Post a Comment