Monday 26 August 2013

Die goue-draad van my lewe

Soos ‘n Dromer het U vreesloos en met oorgawe oor my gedroom..

Soos ‘n Argitek het U met sorg en kreatiwiteit my lewe beplan en uitgelê..

Soos ‘n Engineur het U brûe vir my gebou sodat ek U altyd kan vind, selfs paaie in proposie en harmonie gebou om my journey te vergemaklik..

Soos ‘n Steenmaker het U klei gemeng en sorgvuldig in steenvorms gegiet tot ‘n duursame eindproduk wat tot deur die wêreld beny word..

Soos ‘n Bouer het U met stowwe van die aarde sement gemaak en met baie geduld steen vir steen waterpas gelê op ‘n stewige fondasie wat alle storms sal kan weerstaan..

Soos ‘n Verwer het U die mooiste kleure gekies en met toegewyde passie en tegniek my mure geverf wat my persoonlikheid kunsinnig weerspieël..

Soos ‘n Binnerversieder het U al my verwatinge oortref met U styl en funksionaliteit wat alles van my menswees bymekaar bring..

Soos ‘n Inspekteur het U seker gemaak dat die bloudruk van my lewe ooreenstem met U volmaakte plan en my U bloedgewaarmerkte waarborg gegee..

Vir my Veilighed het U ‘n legioen engele aangestel om my en my geliefdes 24huur te bewaak..

Soos ‘n trotse Eienaar het U-self die deur van my lewe gaan oopsluit, my die sleutel in my hand gesit, my vertrou om ‘n goeie rentmeester te wees en my die outoriteit gegee oor my eienaarskap..

Ek love my huis Here
Ek love my lewe Here
Ek love U
Suzette

No comments:

Post a Comment