Thursday 8 March 2012

Wanneer 'n vrou vir haar huwelik bid


Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek nie meer met my man getroud wou wees, onder een dak met hom wou bly nie, en nie meer kans gesien het vir sy woede, venynigde woorde, spitefullgeit, drankmisbruik, ontrouheid ens nie.

Ek was desperaat in my omstandighede en het my tot die Here gewend, my hart onvoorwaardelik vir Hom gegee en gevra om in te gryp. En Hy het. Maar in die tyd het die Here my gewys hoe om ‘oor’ te begin want ek het gou die blaam na my man gewend ‘want hy was immers die onregverdige een, die een wat ons nie mooi behandel het nie, ander se part eerder gevat het’,.. ens.

Ek moes leer dat ek net soveel skuld het soos hy. Ek was verbitterd, opvlieënd, geirriteerd, onvergenoegd, (met rede!!), het hom nie ge-eer as die hoof van die huis nie, het hom nie gerespekteer nie, (want hy het dit nie verdien nie en was nie in lyn nie!  ~ het ek geglo).

Ek het besef dat ek my eie onversoenlikheid teenoor my man moes belei. My verbittering, my woede, my hardheid van hart, my emosionele ontrekking van hom af... want in die Here se oë is daar nie ‘n groot en klein sonde nie. Ek moes leer dat daar geen verskil is of ek my man vloek en of hy ontrou is nie. Die een is nie groter of kleiner as die ander nie. Of jy moord pleeg of skinder – daar is geen verskil nie. Sonde is sonde.

Ek moes die sonde in my hart belei vir die Here om my gebede te verhoor. Ek mos glo dat die deel van ons verhouding wat deur pyn, afsydigheid en selfsug weggevreet is, herstel kan word. Ek moes vertrou dat enigiets wat oor my toegesak het, soos misbruik, ontrouheid, enigiets – herstel kon word. Ek moes besluit het dat alles wat besig was om my man te verteer, soos werksverslawing, alkolisme, ens vernietig kan word. Ek moes vertrou dat die Here ons kon verlos van alles.

Ek het geleer dat als begin by gebed.  Die Here het my deur boeke en Sy woord gewys om werklik vir Sy seun, my man, te bid; en in die proses sou Hy my huwelik vernuwe (wat morsdood was) en Sy seën op ons albei uitstort. Op die stadium was ek nie lus om met my huwelik aan te gaan nie, maar nogtans het ek begin bid.

My man was vasgevang in ‘n web van sy verlede en hy moes vrygemaak word daarvan. Die Here het my geleer om vir man te begin bid. En al het ek geglo ek het eerder gebed nodig, was ek te desperaat vir verandering dat ek besluit het om dit wel te doen.

Geleidelik het verandering in ons albei begin kom. Ek het agtergekom hoe meer ek bid, hoe meer vorm liefde in my hart ~ vir die Here en vir my man – en hoe meer ek liefde gevoel het hoe meer het ek begin bid. Dit was weird. Wonderlik weird.

Wanneer my man kwaad raak het ek gebid in plaas van negatief reageer. Wanneer my man nie huis toe kom nie, het ek vir hom gebid ~ al wou ek eerder hé ‘n weerligstraal moes my man tref!

Ek het besluit dat die konflik in my huwelik beiindig sal word en die houvas wat rusie op ons het verbreek sal word.  Ek moes leer bid dat die Here ons uit die put van onversoenlikheid sou haal en ek moes liefde, vrede en versoening spreek en glo en bid.

Moenie jou huwelik afskryf nie. Hy is in staat om die een wat jy het, te neem en van hom ‘n nuwe een in Christus te maak.Ons het die HERE se krag aan ons kant. Ons kan besluit ons veg daarvoor in gebed. Want ‘n egskeiding is nie die oplossing nie.

Ek weet. 
Ek was al daar.
Jou probleme is meer.

11 comments:

  1. Baie dankievir hierdie. Dit is net wat ek vandag nodig gehad het om te lees. dat God my huwelik kan red.

    ReplyDelete
  2. BAIE DANKIE!! EK IS TANS IN 'N MOEILIKE SITUASIE MET MY MAN EN ONS HUWELIK, EN DIE IS NET OM MY WEER HOOP TE GEE!! EK IS JUIS BESIG MET GEBED SOOS EK NOG NOOIT TE VORE GEBID HET NIE.

    ReplyDelete
  3. Kan jy asb Skrif... Woord gee
    wat gebid kan word ....as n mens se huwelik so stukkend is en jy wil net opgee....as jy voel of jy net nie meer kan nie ....jy voel of jy alles al gedoen het wat jy kan om te bid...miskien het jy net Woord wat ek nog nie gebid het nie ....belofte wat ek gemis het ....my man hou net aan lieg of hy die verhouding wat hy aan gehad het beeindig het ....hy hou alles nog in die duister...hy is n wedergebore kind van God en gedoop ...en ken die Heilige Gees en Geestes Rehelm ...maar daar is net iets of hyself wat hardkoppig is ....of die leuen in sy lewe wat hom blind maak vir die waarheid....

    ReplyDelete
  4. Abba Vader, ek intercede vir hierdie huwelik en vra Here dat U die blinddoek van hierdie man se oe sal verwyder. Ek en sy vrou vergewe hom van sy sonders en spreek hom vry in die Naam van Jesus. Ons tree op as U profete en profeteer oor hierdie 'drybones' en 'Dry bones [huwelik, man]hear the word of the Lord! This is what the Sovereign Lord says to these bones: I will make breath enter you, and you will come to life. I will attach tendons to you and make flesh come upon you and cover you with skin; I will put breath in you, ...Ons herinner U aan U beloftes dat U alles sal volbring en dat die goeie werke wat U in hierdie man begin het, U enduit sal voer. Ons eer en dank U daarvoor. Verwyder die kliphardheid uit sy hart uit en vervang dit met 'n hart van vlees en seen hom met 'n sagte hart en Vader gee vir hom die begeerte of 'n peacemaker te wees. Verander sy binneste Here en laat U Heilige Gees sy skaduwee wees en hom aankla as hy van U wee afwyk. Mag hierdie man U in alles eweskielik om hom raaksien. Ek bid Vader Here dat U hierdie vrou se mond sal toemaak teen gif en kwaad en help haar om met die verwerping en teleurstelling te deel sodat sy weer sag en ontvanglik kan wees en nie ook 'n verwerper word nie. U is groot en heilig en by magte om ons te red van onsself af. Dankie Here vir die wonderwerke wat U laat plaasvind op ons gebede. Dankie Here dat U betrokke is. Ons bid alles in Jesus se Naam

    ReplyDelete
  5. Baie dankie vir die motevering. Hoelank het jy so gevoel en gebid tot deurbraak vir julle

    ReplyDelete
  6. Helo daar. 4 maande van toegewyde gebid propol HOOP. Dis al wat ek gehad het=hoop. En die Here is getrou! Hy het deurgebreek en als kom verander. Hou vas aan HOOP. dit vloei oor in geloof en dan kom die aksie.

    ReplyDelete
  7. Hi Restoration ministries. Kan jy ons se wat en hoe het jy dit gedoen wanneer tye moeilik raak . Hoe was die tussen in verhouding terwyl jy nie meer wou nie

    ReplyDelete
  8. Helo Jacoleen, op my tande gebyt meeste van die tyd terwyl ek gehuil het, die hemel gebombardeer het met aanklagte, petisies vir Here geskryf in my desperaatheid om my belofte na te kom, gebid dat die Here al Sy engele stuur om my mond toe te hou, om my in die huis te hou en nie uit te stap nie. Ekt eentyd vir die Here gevra maak my 'n peacemaker. Ekt al baie vir die Here gevra om daardie gebed te reverse want dis net te moeilik gewees meeste vd tyd. Die Here het nie my gebed reverse nie. Ekt regtig baie geworstel. Gewonder of ek nie maar moet opgee nie want geglo die Here sal hierdie ook van my vergewe. Om een of ander onverklaarbare rede het ek net nooi uitgestap terwyl ek met alles in my wou nie. Ekt BESLUIT ek gaan deur-druk. Ekt besef as ek opgee speel ek in die vyand se hand in want hy kom om te steel en te verwoes en te moor. Ekt besluit ek sal hom nie sy sin gee nie ek sal hierdie ding fight. Ekt gaan oplees oor Johannes die doper. Hyt barbarian faith gehad en nie geworry oor stuff nie. Ekt besluit ek gaan doen wat hy doen. Barbarian faith. So mooi. Ekt dit myne gemaak en het wilde geloof. Ekt besluit ek sal toegewyd en getrou aan my belofte wees wat ek gemaak het aan die Here. Toe ons getrou het was ons nie gelowig, getrou of even 'christene in die ware sin' nie. Na ons tot bekering gekom het, het ek vir die Here my huwelik gegee en belofte afgele voor Hom. Intussen was dinge strammerig en krapperig en ek het vir die Here gevra om my te help dat ek die tipe vrou sal wees wat HOM behaag; the kind of women that stills the storm... en tot waar ek vandag sit moet ek dit vir myself baie keer in 'n week kwoteer. Ek en my man het die tipe huwelik wat elke dag harde werk kos. Dis inspanning vir ons om 'te werk'. Maar ek gaan dit maak werk, al wou ek 2weke terug opgegee het. Paulus se ...die wat stryd enduit hardloop sal die prys behaal'.. hierdie is vir my 'n stryd.

    Jy is welkom om my te inbox op ander meer privaat platform: restourasie.suzette@gmail.com

    xoxo

    ReplyDelete
  9. Ek is gestig deur u getuienis...ek en my man is 12 jaar getroud maar ons is tans uitmekaar ons het 3 kinders en ek is verskriklike lief vir hulle maar ek kan ook sien dat die skeiding n groot effek op hulle het...ek het tot die punt gekom waar ek nie meer voel om te veg vir my huwelik nie ek bid nie meer dat God n verandering moet bring in die situasie nie ek voel net om op te gee...maar dankie dat u my vandag weer dai hoop gee

    ReplyDelete
  10. Middag is daar moontlikheid om met Suzett kontak te maak

    ReplyDelete
  11. Ja seker, 083 391 3158
    of
    restourasie.suzette@gmail.com

    ReplyDelete