Monday 19 March 2012

VERWAG verandering


Verwag verandering in jou en sy hart
Iets wonderliks gebeur in ons harte wanneer ons vir iemand anders bid.  Die hardheid begin smelt. Ons word in staat gestel om by die pyn verby te gaan en te vergewe. Uiteindelik word ons lief vir dier persOon vir wie ons bid.  Dit is ‘n wonderwerk. Dit gebeur omdat ons die teenwoordigheid van God betree wanneer ons bid en Hy ons vul met Sy Gees van liefde. Wanneer jy vir jou man bid sal die liefde wat God vir hom het in jou hart groei. Nie net dit nie jy sal vind dat liefde vir jou ook in sy hart groei sonder dat hy eens weet dat jy vir hom bid.

Selfs al word jou gebed nie heeltemal uit onselfsugtige motiewe gebore nie, sal jou motiewe onselfsugtiger word namate jy bid. Jy sal vind dat jou reaksies steeds meer liefdevol word. Jy sal agterkom dat dinge wat vroeer struweling tussen jul veroorsaak het, dit nie meer sal doen nie. Julle sal sonder om rusie te maak, oor sake kan saamstem.
Hierdie eenheid is lewens-noodsaaklik.

Wanneer ons nie verenig is nie, val alles uitmekaar.
Elke koningkryk wat onderling verdeeld is, gaan ten gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie (Math. 12:25)
Gebed bring eenheid selfs wanneer julle nie saam bid nie. 


Wat as my man nie die Here dien nie [of teruggeval het]?
As jou man nie ‘n gelowige is nie, besef jy seker reeds wat jy daarmee bereik om met hom oor die Here te praat as hy nie die eerste paar keer gereageer het nie.  Dis nie soseer dat jy nooit iets vir hom moet se nie, maar as dit wat jy se altyd met ongeergdheid of geirriteerdheid beantwoord word, is jou volgende stap om stil te bly en te bid. Die bybelse ‘n vrou kan haar man oorhaal sonder om iets te se, want wat hy in sy vrou waarneem, spreek harder as wat sy vir hom se.
Hul sal vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir jul nodig wees om ‘n woord te se nie (1 Petrus 3:1.2)

Die Here se Hy praat van dinge wat nie bestaan nie asof dit bestaan. Jy kan dit ook doen. 


Jy kan se: Ek gaan nie voorgee nie, maar ek gaan praat van dinge wat nie deel is van my man se lewe nie as of dit wel deel is.  Selfs al het hy nie geloof nie, gaan ek vir hom bid asof hy geloof het.

No comments:

Post a Comment