Wednesday, 7 December 2011

Tatoeëring

Geskryf deur Jimi le Roux

Ek het onderneem om iets oor tatoeering te skryf, en het ook nou te lank uitgestel. Die saak is eintlik heeltemal eenvoudig, maar laat ek maar net eers die opinies stel:

1) die tradisionele beskouing is dat die Bybel tatoeering vir ons uitdruklik verbied in Lev 19: 28 en dit is die einde van argument - wat is eintlik dan nog te se na so 'n duidelike opdrag (Ou vertaling)

Julle mag ook terwille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in jul vel maak nie. Ek is die HERE.

Die Jose sit om hierdie rede ook geen tatoeering op nie, en die wat tatoeering op het, mag (tradisioneel) nie in die Joodse begraafplaas begrawe word nie.

2) die meer resente beskouing (onder sommige) is dat die bg. uitleg nie korrek is nie en oor tatoeering gaan nie maar oor iets anders, of nie op ons van toepassing nie, en dat tatoeering us OK is.  Daar is dus ook Christene wat tatoeerings laat opsit.

Die agtergrond van tatoeering is natuurlik meer negatief. Let op die volgende:

* Heidene het hulleself getatoeer, 
en het spesifiek hulle gode se naam op hulleself geker. Tatoeering is dus geassosieer met barbaarsheid (selfs deur die Romeine) en afgodediens.  Die heidene het hulleself ook algemeen as rougebruik stukkend gesny - uit hartseer, maar ook as 'n offer.  Selfs die Jode het op 'n stadium meegedoen.  Die bg. vers verbied beide hierdie gebruike uitdruklik.

* Slawe en oortreders is natuurlik gebrandmerk,
nader na ons tyd was dit gewoontlik maar die rowwe ouens wat tatoeerings gedra het, matrose, gangsters, bikers, tronkvoels,... maw tatoeering was 'n teken van rebellie.

Tatoeering het tradisioneel dus aar 'n slegte naam. Konnotasies met tatoeering is dat dit steeds die rowwe ouens is wat tatoes dra, dat dit steeds uitdagend en onkonvensioneel is.

Kom ons keer terug na die Bybel.

1) Die teks is wel deeglik duidelik in Levitikus 19.  Die Jode verstaan dit uitdruklik en is heeltemal reg as hulle dan nie tatoeer nie.

2) Kom ons lees egter net een vers terug (v 27)

Julle mag die rand van julle hoofhare nie wegskeer nie. 
Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.

Ortodokse Jode hou ook hier gebod nog net so - Joodse mans laat hulle baard groe en skeer dit nie eens netjies met 'n rand nie. Dis om hierdie vers gehoorsaam te wees. 

As Christene volg ons egter nie hierdie gebod nie.
Hoekom ignoreer ons dan die een vers en gehoorsaam die volgende een?

3) Kom ons lees egter nog 'n een vers terug (v 26)

Julle mag niks met bloed en al eet nie.
Julle mag nie met verklaring van voortekens of goelery omgaan nie.

Die eerste gedeelte het te doen met die belangrike Kosher-reel, wat die Jode net so volg. Ons eie vleis is egter nie Kosher geslag nie, en geen Jood sal sy mond daaran sit nie. Hulle koop net by 'n Kosher slagtery, en nie by Checkers of Pick 'n Pay nie.

As Christene volg ons egter nie hierdie gebod nie.
Hoekom ignoreer ons dan die een vers en gehoorsaam die volgende een?


4) Kom ons lees egter nog 'n een vers terug (v 19)
sien ons 'n opdrag dat ons nie twee soorte saad in dieselfde land mag saai nie, dat ons nie twee soorte klere saam mag dra nie (bv. wol en linne)

As Christene volg ons egter nie hierdie gebod nie.
Hoekom ignoreer ons dan die een vers en gehoorsaam die volgende een?

Julle moet my sabbatte onderhou en my heiligdom ontsien.  Ek is die HERE.

Ons hou  as Christene ook nie die Joodse sabbat nie, en rig nie ons geloofslewe op die (Joodse) tempel nie. Lees maar self verder in daardie hoofstuk na dinge wat ons ook nie meer doen nie.

Hoe moet ons dan nou hierdie vers verstaan?  Let op:

1) Ons is nie langer onder die Ou Testamentiese wet nie.
In Romeine en Galasiers maak Paulus dit duidelik dat Jesus ons losgekoop het vna die wet en dat Christene (ons) nie eers Jode hoef te wees (en die wet te hou, met offers, besnydenis, Sabbat, eetreels ens) te einde Christene te kan wees.  Hy se dat ons die wet volkome nakom as ons deur die Gees gelei word.

Lees Romeine 7-8 en Galasiers 2-5

2) Hoe kan ons dan onderskei?
wat in die ou Testament van toepassing is en wat nie?  Dit is inderdaad 'n gryserige area, maar ons onderskei tussen die kultiese wette en die morele wet. Die eersgenoemde is duidelik spesifieke sake bedoel vir Jode in hulle konteks, hulle hele kultiese stelsel (offers, tempel, feeste, ens) of dit is die toepassing van 'n algemene waarheid in hulle antieke kultuur en dieselfde waarheid sal in ons tyd 'n bietjie anders toegepas word. Die laasgenoemde is meer algemeen van aard -  die Tien Gebooie is 'n goeie voorbeeld - en is duidelik geldige beginsels vir alle tye en mense. 'n Ander nuttige maatstaf is hoe Jesus dit hanteer, want Hy het klem gele op die essensie van die wet, en by ander geleentheid eenvoudig 'n streep getrek deur 'n Ou Testamentiese wet (bv. Mat 5:38). Sy eie wet is dat ons mekaar moet liefhe (Johm 13:34) - dit is die vervulling van die hele wet (Rom 13:10).

3) Die kwessie van tatoeering val duidelik onder die e.g. kultiese wette. Dit het te doen met spesifieke heidense gebruike waarvan die Jode hulleself moes weerhou (soos die hele hoofstuk ten het in die konteks). Dit het te doen met:

*  afgodediens
*  rougebruik

4) In die N.T. is daar geen verdere verwysing na tatoeering nie. Paulus se ons liggame is 'n tempel vd Heilige Gees (1 Kor 6:19-20) en dat ons God in ons liggame moet verheerlik. Dit is inderdaad 'n belangrike beginsel, maar Paulus bedoel daar dat ons nie seksuele sondes moet begaan nie.  Dit is 'n vergryp aan ons liggaam, wat God se liggaam is.  Dit is 'n ope vraag of die gedagte sou impliseer dat ons nie aan ons liggame mag 'verbeter' nie.

Wat dan van:
* kosemetiese operasies (ook 'n 'permanente verbetering' van die liggaam)
* ortodontiese handeling
* operasies om gebreke reg te stel
* hare kleur, mooi aantrek, gym to gaan, ens om ons liggame 'mooier' te maak?

Dis te betwyfel of Paulus sulke dinge bedoel - hy skryf teen ydelheid.  Die NT se hele klem is eintlik weg van sulke tipe wettisisme af, en meer na 'n wander deur die Gees en 'n lewe van liefde.   Daar is sekere dinge in die NT (bv, die eet van offervleis, die vier van 'n spesiale dag (Sabbat) wat Paulus oorlaat aan die gewete van die Christen (sien Rom 14) en tatoeering van heel waarskynlik onder sulke temas.  In Openbaring lees ons interessant dat die Here SY NAAM op ons sal skryf (Openbaring 7:3, 14:1, 22:4) - aan die einde van die tyd is Hy dan die Groot Tatoeerder? Weereens sien ons dat tatoeering 'n geestelike konnotasie kry - getatoeer ('gemerk') nie vir die afgode nie, maar vir God.

lees meer hieroor by:
http://christianitytoday.com/ch/bytopic/missionsworldchristianity/tattoosofthecross/html


No comments:

Post a Comment

8 Characteristics of Believers Who Don’t Give Up in the Battle

Living for Christ is hard—sometimes so hard that we’re tempted to wonder if it’s worth the sacrifice. It is, of course, but difficultie...