Thursday 8 December 2011

Moenie wegkruip nie

God:  Adam waar is jy?

Jy kan jouself vandag oof afvra: waar is ek...werklik?
As jy nie weet nie, of wel weet maar ontevrede daaroor is, is hierdie vir jou. 

Adam:  Ek het U hoor aankom en kruip nou weg. Ek was bang omdat ek sonder klere is (Gen. 3:9,10)

Dis verstommend wat ons alles sal doen ten einde te kan wegkruip. Ons sal onsself absoluut in werk verdiep, in 'n verhouding betrokke raak, 'n muur om ons bou - enigiets, solank ons tog net nie die waarheid in die oe hoef te kyk nie. God het goed geweet waar Adam was, maar God wou he dat Adam homself moes vind.

Jy is absoluut verlore totdat jy jouself vind.  Die probleem is dat solank jy wegkruip, jy 'n front voorhou.  Besef jy hoeveel emosionele energie jy verspil deur aan ander voor te gee jy is wat jy nie is nie?

Net 2 dinger is erger: om jouself en God oor jou ware self te probeer mislei. Jy sal dit moeilik vind om enigsins eerlik te wees omdat jy bang is mense deurgrond jou wese en vind die ware jy.

Is dit waar jy jouself vandag bevind?
Bang om in jou eie hart te kyk?

Die wonderlike nuus is dat Adam naak was, maar God het hom aangetrek; hy was skuldig, maar God het hom skoongewas, hy was angstig, maar God het hom getroos.

No comments:

Post a Comment