Tuesday 6 April 2010

Hoe "undo" ek my foute Here

Here partykeer wonder ek oor dinge... oor my lewe, veral my verlede...

Vir hoe lank dra mens nog die gevolge van 'n verkeerde besluit wat jy lank lank gelede geneem het? 

Soms wens ek dat wanneer mens tot bekering kom, als wat ek gedoen en gese het wat lelik en vieslik was, net kan verdwyn... dat ek dit kan 'undo' en Here as ek werklik uit my hart uit eerlik moet wees - en tot my skaamte, dat ek nooit die gevolge daarvan moes gedra het nie... al verdien ek dit. Alles en nog meer !

Dra mens dit verewig Here.  Hoe lank is verewig?

Is U al moeg om al my kastaiings uit die vuur uit te krap Here?  Om al die mense wie se lewens ek so omvergegooi en verwoes het, bymekaar te maak en gesond te maak? Sal hulle my kan vergewe Here?  Ooit? 

Oeh Here, as ek net daaraan dink, dan wens ek dat ek die klok kon terug draai?  Die seer kan weg vat?
Sal U Here weer 'n keer, ingryp en harte gesond maak.  Help drade optel?  Vader dit is my eerlike begeerte dat al daardie mense, U aanraking sal ervaar, U Helende hand sal voel en kan aangaan, sonder letsels?

Here, asb.
Nog 'n keer.
Weer.

In Jesus se Naam

2 comments:

  1. Maandag skei ek agv my foute. Wens ek kon dit undo.
    Lord have mercy on me

    ReplyDelete
  2. Ek is so jammer om dit te hoor... aijajai. Die Here is so getrou, full of compassion, mercy and grace en gee vir ons elke dag weer en weer kanse, om oor te kan begin! Hou daaraan vas!

    ReplyDelete