Thursday 22 April 2010

L'Femme Kofi


Ek het onlangs die voorreg gehad om saam met die hele produksie span van L'Femme Kofi op hul stel te kuier en deel te wees van 3 opnames, & ek moet sê ek was baie baie verrras dat die Here die hele tyd in almal se gedagtes was, dat die Here voorkeur geniet het in elke aspek van die maak van die program. En die beste van alles was dat hulle Hom deurentyd ge-eër het.

Toe ek Purple Cape Productions se inleiding oor die program lees (hieronder gedeel) het ek nog steeds nie 'n benul gehad dat alles vir hulle werklik om die Here draai nie.  Dit was gr8 gewees om deel te gewees het van die Here se droom, wat Hy deur Jozua, Magdaleen, Carla, Liese en hul almal droom.
Waaroor gaan L'Femme Kofi?

Hierdie program gaan oor regte vroue wat intelligent, mooi en gelukkig is met wie hulle is. Hierdie is die vroue waarna ons moet opkyk, hulle is die ware “celebrities”. Vroue moet nie voel dat hulle hulself moet verander om op die standaard van beroemdes en modelle te wees nie. Hulle moet verstaan dat elke rol wat hulle vertolk belangrik is, of dit nou dié van 'n ma, 'n vrou, 'n sekretaresse of 'n besigheidsvrou is. Hulle laat besef dat hulle iets besonders is. Hulle moet nie na modelle of aktrises kyk en dink: “Ek gaan nooit so lyk nie”, of “Ek sal nooit soos daardie persoon wees nie.” Die belangrikste vraag is: “Wat dink die Vader as Hy na vandag se vroue kyk?”, “Hoe voel Hy oor jou?”

Hierdie sal 'n sielvolle, christelike program met 'n klassieke aroma en gesellige tempo vir die alledaagse vrou wees; met 'n Christelike ondertoon. Ware heldinne oor verskeie genres en generasies sal vroulikheid deel in 'n tyd wat dit voorkom asof soveel vroue die hoop laat vaar het om werklik 'n vrou te wees: bekoorlik, elegant en vroulik. Wat dink vroue as hulle in die oggend klere kies vir die dag? Nooi jy ooit die Vader in jou klerekas in? Vra jy Sy opinie oor die grimering, hare en skoene wat jy aansit of aantrek?
Een konsep van die program wat deurentyd bespreek gaan word is: vroue wat vroulikheid oor dra. Wat sê die Woord? Die onderwyseres, huis- vrou, werkende vrou, getroude vrou, moeder, suster, ouma ens, wat in baie uitdagende en intimiderende omstandighede steeds 'n manier gekry het om bekoorlik te wees. Dat vroue wat in hul dinamiese lewenslustigheid hul vroulikheid en die respek van ander mans en vrouens behou het. Dat gemiddelde vroue kan wees net wie hulle is en nog steeds buitengewoon wees. Dit is 'n geselsprogram vir vroue om te herontdek wat dit is om 'n vrou te wees, in alle fasette van die lewe.

Die doel van hierdie program is om algemene probleme van vroue te bespreek deur vroue wat reeds deur hul eie ontdekking gereis het. Die doel van die produk is daarom, om alledaagse vroue te wys wat ekstra ordinêr uitstaan in hul benadering van die lewe en sy omgewings. Al hierdie gebeurtenisse van selfontdekking en groei gaan plaasvind in plekke van gemak, waarde en aanvaarding.

Hoekom juis koffie? Vir generasies soek vroue regoor Suid-Afrika – of jy nou in 'n plakkerskamp of in 'n kasteel bly – plekke van gemak, essensie (waarde) en aanvaarding. Van hierdie plekke bestaan in koffiewinkels. Koffie sê: “Kom ons gesels, om hierdie tafel word jy vertrou en dít is waar jy moet wees, jy word aanvaar om te wees presies wie jy as vrou is en daarom kan jy sê wat jy wil, hoe jy wil en wanneer jy wil – dit sal jou vry laat voel...”

L' Femme Kofi: 'n vars en oorspronklike idee. Wat is in die Vader se Hart as Hy na vroue kyk?
















No comments:

Post a Comment