Saturday 7 January 2012

Genade

Here, ek voel regtig nie elke dag ewe geloofsterk nie.

Male sonder tal wonder ek selfs of ek nog enigsins op die regte pad is.
Maar dankie my Here dat U my vandag weer wil verseker dat U getrou aan my bly... selfs wanneer ek nie is nie;
dat U my vooruitgan...
selfs wanneer ek nie die weg sien nie;
en dat U by my is;
veral wanneer ek U nie voel nie.

Meer en meer besef ek hoe afhanklik ek van U is, U nimmereindige genade.

Gaan ek in my leeftyd ooit die grootheid van U genade verstaan Here? Help my om dit nooit weer te misbruik nie, dat ek die krag en die werklikheid; die prys wat U daarvoor betaal het altyd sal verstaan, brand dit vas in my mense-hart Here.

Dankie dat ek weet dat die eindbestemming van my geloof nie vandag is nie.
Maar dat dit die ewigheid is.

No comments:

Post a Comment