Friday 29 July 2011

Weet jy waarom jy lewe?

Jesus het presies geweet waarom Hy gelewe het.  "Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wereld gekom, met die doel om vir die waarheid getuienis af te le".
Hy het dit oordink, daarvoor gebid, beplan, gewerk, Sy lewe afgele, weer opgestaan en Sy roeping uiteindelik volbring.

Weet jy waarom jy lewe?

Wat doen jy om jou doel te bereik?

"Hy het ons gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe" - Efesiers 2:10

Die klink nie na 'n doellose rondwaal nie. Die bybel se " 'n mens beplan sy koers maar die Here bepaal sy bestemming "- Spreuke 16:9. Jy moet goed beplan, maar God se rigting inslaan.
~ Bob en Debby Gass

No comments:

Post a Comment