Friday 28 January 2011

Vanuit my mense hart Here

Na vele oordenkings in my hart, het ek besef die spesifieke liedjie; geskryf en gesing deur een van ons land se mees geliefde sangeresse, en ook 'n uitgesproke christen, is 'n liedjie wat ek uit my mense hart uit, aan Jesus wil opdra - net so bietjie ge-revamp deur die [jy] met Jesus te vervang:

Ek wonder wat het ek ooit gedoen om U te verdien
Het U dalk my hart deur die oë van die Hemel raakgesien?
Want nooit in my lewe het ek gedink
dat iemand my so lief kan hê soos U
… ‘n engel gestuur vir my

U’s die wind hier onder my vlerke
Wat my hoog, in die lug hou
U’s die vuur wat brand in my sodat ek kan skyn
Met U krag en sterkte leer U my
Om te lewe
U’s die rede
U’s die engel van my hart;
want U glo in my

Die kalmte spoel oor my as U naby my is
U arms bly die hawe waar ek veilig rus
Om elke myl saam met my te loop
Te glo en hoop, dat ek my drome kry
Dis U, die engel van my hart
...die liefling van my siel

No comments:

Post a Comment