Monday 5 July 2010

Goeie Middag Mevrou

Saterdag terwyl ek daar by julle betrokke was daar ‘n paar geleenthede wat ek baie swaar moes sluk.
Ek het soms uitgeloop en buite gaan sluk en dan weer vol brawade teruggekom en weer foto’s geneem.
Die afgelope 2 jaar het ek meer nou met manne saam gewerk en met dinge waarmee hulle sukkel te doen gekry.

Ons was verlede jaar ‘n groepie wat die boekie “Man in the Mirror” van Pat Mortley behandel het en het daar baie met manne se gevoelens en wroeginge te doen gekry.

Dit was vir my baie ontnugterend om agter te kom wat manne regtig gedoen het.

Hoe hulle soms net gebruik of misbruik net om hul ego te streel.
Tot Vader hulle harte eendag aanraak en hulle besef dat hulle verkeerd was.
Na Gerda se getuienis wou ek baie graag names al die manne, al was ek nooit een van hulle, vir almal daar kom omverskoning vra.

Vir my is ‘n vrou tog toonbeeld van Vader se skepping en ‘n skepsel wat gekoester en met sorg behandel moet word.
Ja mens verskil soms maar dit is geen rede vir misbruik of self agressie nie, veral nie as die Heilige Gees in jou lewe nie.

Saterdag deur die nag het van die onderstaande woorde net bly maal en maal in my kop.
Ek moes dit net op papier sit en met jou deel terwyl ek aan elke vrou wat die moeilike pad moes loop, gedink het.

‘n Traan vir jou, o vreemde vrou

Jy is vir my onbekend
Maar jou seer het ek kon hoor
Jy moes jou na iemand wend
En daar was ons GROOT Vader se oor

Sleg het jou man jou behandel
En dit in elke dag se wandel
“Ek is verkeerd
daarom is hy so wreed”

Dit was jou gevoel
Terwyl die waarheid ook in jou woel
Nee!!! Vader het my ook lief
Wyk, jy my geluk se dief!!!

Ek mag ook leef
ten spyte van stigma wat aan my kleef
Wie gee vir jou die reg
om elke dag met my so te veg.

Dankie Vader dat U my weer op kom tel
Dankie dat U my red uit hierdie hel
Dankie dat ek weer vrou mag wees
Dankie dat ek weer heel kan wees

O vrou, jy is ook deel van Vader se troon
O vrou, jy dra ook Sy kroon
O vrou, mensie so sag
ek is jammer dat jy laat in die nag vir hom moes wag
O vrou so teer
Ek is jammer vir die woorde jou toegesnou
O vrou met ‘n hart so seer
Gaan na Vader dat hy jou met Sy liefde omvou

Dankie o vrou na God se hart
Vir elke gebed deur daardie sagte oë met trane benat.
Dankie o vrou vir elke kindjie aan jul toevertrou
Wat jy alleen moes groot maak sonder berou.

Namens elke man wil ek sê, askies
Saam sal ek bid
Saam sal ek pleit

Saam sal ek vra: Vader stuur U Gees,
Vader sal U sy hart genees
Vader laat U sy eerste wees
Vader sal U sy gesin ook genees.

Dankie my Vader, ons loof U vir elke man wat weer sy vrouetjie raak sal sien
Weer sy kinders sal raak sien,
MAAR U eerste weer sal sien en dien.

Van 'n man

No comments:

Post a Comment