Friday 4 August 2017

hoe lyk jou getuienis

Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere. Psalm 133:1-2 NAV
 
Die Skrif gebruik die beelde van die Heilige Gees om die seën en salwing op sulke verhoudings te beskryf: dis soos die wydingsolie wat oor Aäron uitgegiet is, om hom vir die Here af te sonder, soos die dou van Hermonberg wat op Sion val. So ‘n salwing – en die eenheid en vrede wat daaruit spruit – is egter ook ‘n gevolg van ons eie Geesvervuldheid: ons liefde, geduld, vriendelikheid, vergifnis, ons begrip.
 
 **As die olie van die Heilige Gees ons gedagtes verander het, vloei dit af oor ons hart en verander ons gevoelens; dit gaan sit in ons klere en word deel van ons gedrag en benat dan die grond om ons as ons getuienis**
 
Dis my en jou taak om só onder die Heilige Gees se invloed te wees! Dan sal ons verhoudings ook mooi wees…
Here, vul my met U Gees! Seën ons met U eenheid en vrede, met U liefde. Amen.

No comments:

Post a Comment