Friday 29 August 2014

Wanneer jy vir jou man bid


Wanneer 'n vrou vir haar huwelik bid


Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek nie meer met my man getroud wou wees, onder een dak met hom wou bly nie, en nie meer kans gesien het vir sy woede, venynigde woorde, spitefullgeit, drankmisbruik, ontrouheid ens nie.
Ek was desperaat in my omstandighede en het my tot die Here gewend, my hart onvoorwaardelik vir Hom gegee en gevra om in te gryp. En Hy het. Maar in die tyd het die Here my gewys hoe om ‘oor’ te begin want ek het gou die blaam na my man gewend ‘want hy was immers die onregverdige een, die een wat ons nie mooi behandel het nie, ander se part eerder gevat het’,.. ens.
Ek moes leer dat ek net soveel skuld het soos hy. Ek was verbitterd, opvlieënd, geirriteerd, onvergenoegd, (met rede!!), het hom nie ge-eer as die hoof van die huis nie, het hom nie gerespekteer nie, (want hy het dit nie verdien nie en was nie in lyn nie!  ~ het ek geglo).
Ek het besef dat ek my eie onversoenlikheid teenoor my man moes belei. My verbittering, my woede, my hardheid van hart, my emosionele ontrekking van hom af... want in die Here se oë is daar nie ‘n groot en klein sonde nie. Ek moes leer dat daar geen verskil is of ek my man vloek en of hy ontrou is nie. Die een is nie groter of kleiner as die ander nie. Of jy moord pleeg of skinder – daar is geen verskil nie. Sonde is sonde.
Ek moes die sonde in my hart belei vir die Here om my gebede te verhoor. Ek mos glo dat die deel van ons verhouding wat deur pyn, afsydigheid en selfsug weggevreet is, herstel kan word. Ek moes vertrou dat enigiets wat oor my toegesak het, soos misbruik, ontrouheid, enigiets – herstel kon word. Ek moes besluit het dat alles wat besig was om my man te verteer, soos werksverslawing, alkolisme, ens vernietig kan word. Ek moes vertrou dat die Here ons kon verlos van alles.
 
Ek het geleer dat als begin by gebed.  Die Here het my deur boeke en Sy woord gewys om werklik vir Sy seun, my man, te bid; en in die proses sou Hy my huwelik vernuwe (wat morsdood was) en Sy seën op ons albei uitstort. Op die stadium was ek nie lus om met my huwelik aan te gaan nie, maar nogtans het ek begin bid.
My man was vasgevang in ‘n web van sy verlede en hy moes vrygemaak word daarvan. Die Here het my geleer om vir man te begin bid. En al het ek geglo ek het eerder gebed nodig, was ek te desperaat vir verandering dat ek besluit het om dit wel te doen.
Geleidelik het verandering in ons albei begin kom. Ek het agtergekom hoe meer ek bid, hoe meer vorm liefde in my hart ~ vir die Here en vir my man – en hoe meer ek liefde gevoel het hoe meer het ek begin bid. Dit was weird. Wonderlik weird.
Wanneer my man kwaad raak het ek gebid in plaas van negatief reageer. Wanneer my man nie huis toe kom nie, het ek vir hom gebid ~ al wou ek eerder hé ‘n weerligstraal moes hom tref!
Ek het besluit dat die konflik in my huwelik beiindig sal word en die houvas wat rusie op ons het verbreek sal word.  Ek moes leer bid dat die Here ons uit die put van onversoenlikheid sou haal en ek moes liefde, vrede en versoening spreek en glo en bid.
Moenie jou huwelik afskryf nie. Hy is in staat om die een wat jy het, te neem en van hom ‘n nuwe een in Christus te maak.Ons het die HERE se krag aan ons kant. Ons kan besluit ons veg daarvoor in gebed. Want ‘n egskeiding is nie die oplossing nie.
Ek weet. 
Ek was al daar.
Jou probleme is meer

No comments:

Post a Comment