Tuesday 25 October 2011

Klein begin vs. Groot oes

Alles begin klein, en jou gesindheid aan die begin bepaal dikwels jou sukses aan die einde. Die Bybel sê, 'Wie minag die dag van oënskynlik klein dingetjies?' Wees bly oor wat God aan jou gee om mee te begin, want Hý is! 

Elia het 'n wolkie so groot (klein!) soos 'n man se hand gesien voor die reën begin het (1 Konings 18:44). Dis klein, maar Elia was bly want hy het geweet dis die begin van groot dinge. Moenie jou saad vernietig deur die potensiaal daarvan te misken nie. God gee aan jou 'n saadjie van hoop, iets klein - maar iets klein is beter as heeltemal niks. Plant die saadjie, bid daaroor en glo dat God dit sal vermeerder. 

Baie mense gooi hulle saad weg. Wanneer ons iets 'verag', vernietig ons die potensiaal daarvan, ignoreer dit, verwaarloos dit. As ons dit wat God gee nie oppas nie, verloor ons dit. Sonder die saad sal ons nooit kan oes nie. Die Bybel sê wees tevrede met wat jy het, en, ...'Onthou dat God die versekering gegee het: "Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie' (Hebreërs 13:5). Dis waarom jy tevrede moet wees met die klein begin. Jy weet dat wat God aanpak, Hy sal deursien.

Wees geduldig, verwag die beste en beur voort. 'Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle 'n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het' (Hebreërs 10:35-36).


~ Geskryf deur Bob en Debby Gass

No comments:

Post a Comment