Monday 31 October 2011

Die liefde van 'n Pa

My Liewe Kind


Ek staan langs jou bed en kyk hoe jy besig is om wakker te word. Soms het daar trane oor jou wange gerol, oor verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos n mislukking gevoel het. Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was, dae wat pyn jou wou vernietig het!! Ek het saam met jou gehuil, My hande gehou en jou kosbare trane opgevang. Ek ken jou seer, Ek ken jou pyn. Daar is tye wat mense My nie verstaan het nie, My verwerp het, daarom weet Ek hoe jy voel. 

Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het wat, waar en hoekom. Ek wil vandag vir jou sê, nie een van die foute wat jy gemaak het, het My onkant gevang nie. Ek was nie verbaas nie. Ek weet alles. Ek verstaan alles. Ek sien alles. 


En kyk nie na jou met oë wat oordeel nie. Ek kyk na jou met oë van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat Ek n Pa is wat uit liefde bestaan. 


Soms het mense al n verkeerde prentjie van My vir jou geskilder, Ek wil jou nie straf nie. Ek is nie ver van jou af nie. Ek ken jou beter as enige iemand Anders. Ek weet wie jy werklik is, Ek is lief vir jou! 

Jou hemelse Vader

No comments:

Post a Comment