Thursday 31 March 2011

Jou geestelike groei hang van jou af

God gebruik Sy Woord, ander mense en moeilike omstandighede om ons meer soos Christus te laat word. God se Woord verskaf die waarheid wat ons moet ken, God se mense verskaf die ondersteuning wat ons nodig het om te groei en moeilike omstandighede verskaf die omgewing waarin ons Christelikheid moet wys. Jy sal meer soos Jesus word wanneer jy God se Woord toepas, gereeld kontak met ander gelowiges het en leer om God in elke situasie te vertrou.

Geestelike volwassenheid gebeur nie oornag nie en is nie gewaarborg nie. Dit is 'n geleidelike ontwikkeling wat toegewydheid en dissipline vereis. (Efesiërs 4:13 NLV). Selfs wanneer jy struikel en val, sal God getrou wees. Solank jy aan jou geestelike groei toegewyd is, sal Hy ook wees!

God is meer oor jou karakter as jou loopbaan begaan omdat jou karakter saam met jou die ewigheid in gaan. Die Bybel sê: '...Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.' (Romeine 12:2 NLV).

Jy moet elke dag 'n besluit neem en daarop fokus om meer soos Jesus te word. God se inwonende Gees sal jou daarin help.
 ~ Geskryf deur Bob en Debby Gass~ Radio Kansel dagstuk



No comments:

Post a Comment