Wednesday, 18 August 2010

Here!

Here ek het vanaand weer een van U kinders se getuienis gelees.... 'n stukkie storie van 'n deel van 'n vrou...'n vrou nes ek - en met daardie 'amper unreal intieme storie' in my hart voel ek so ver van U af Here - ek voel so lou-erig.  So flou-erig.  As ek dink aan haar unfailing liefde vir U, haar kinderlike geloof in U, haar belewenisse saam met U, haar ervarings dan voel ek half af, soos sout wat laf geword het, selfs jaloers (askies Here!) omdat ek nog nie daardie maat van intimiteit al ooit beleef het wat ek in haar woorde ondervind nie. Sy praat van dinge wat ek nog nie eens van gehoor het nie Here.  Van haar ander ervaringe van U in soveel diversiele aardse omstandighede... droom ek ook van Vader. Ek wil U van nog nader leer ken, ek wil van vooraf begin Abba!  Ek wil U op elke level ontmoet en ken.  Here my hart roep uit na U vanaand.... RAAAAAK my net weer van vooraf aan. Op 'n wyse wat my omruk. Onderstebo.  Intens. Ontnugterend. Diep. Intiem... Openbarend.

Ek het U lief. Vir altyd. Met alles in my.

No comments:

Post a Comment

Haunted by my failures

I came to You with my heart in pieces And found the God with healing in His hands I turned to You, put everything behind me And found th...