Thursday 15 November 2018

Breek deur negatiewe emosies

Here, ek dank U dat ek nie met negatiewe emosies hoef saam te leef wat niks goeds vir my verstand, siel en liggaam doen nie. Wys my waar ek met hartseer, angs, vrees, eensaamheid, bitterheid, onvergifnis of enige ander negatiewe gesindheid saamleef. Verbreek enige beheer wat hierdie emosies oor my het. Vevang hul met die volheid van U Gees van liefde, vrede en blydskap. Ek bid dat U alles binne my sal verdring wat nie van U af is nie. U ken die geheime van my hart (Ps 44.22). Wys hule vir my as ek hulle nie self kan raak sien nie en vernuwe 'n opregte gees in my. Dankie dat U Gees alle seer in my hart genees.
In Jesus Naam.

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Ps 34.19

No comments:

Post a Comment