Friday 22 January 2016

Beter.... nie bitter nie


Hebr 12.15 noem BITTERHEID 'n giftige loot.

Bitterheid ontstaan uit klein oortredinkies wat ons nie (wil) vergewe nie, die molshope waaroor ons bly tob. Dit kan ook die gevolg wees van emosionele wonde, verwerping, teleurstellings, traumatiese ervarings ens. wat ons nie behoorlik verwerk nie.

Hoe langer ons toelaat dat pyn, woede en teleurstellings in ons groei en en groter word hoe meer besmet dit ons hele wese; ons persoonlikheid, gesindheid en gedrag, ons perspektief en ons verhoudings lei daaronder...dit verander ons.

Le jou bitterheid af, kies dit.

Bid saam;
Here ek het toegelaat dat my kwaad en seer, en my teleurstellings vatplek kry binne-in my en soveel bitterheid veroorsaak wat my eventually besoedel het. Ek het aan my kwaad vasgehou en aan al die onregverdigheid wat aan my gedoen word, oor en oor afgespeel in my kop en hart. Dit het gemaak dat ek oordryf met woorde en stories, dit het veroorsaak dat ek ander begin kritiseer en judge. Dat ek even begin skinder en lekker kry. Dit het my gewete naderhand begin afstomp. Ek het begin vloek. Mense en dinge om my. Al die vrot saad het uit my mond begin uitgeloop Here. Ek wil nie die mens wees wat ek geword het nie en ek vra U omverskoning en vergifnis Abba Vader..en ook U Goddelike genesing in my hart en my tong.

In Jesus se Naam.

No comments:

Post a Comment