Hebr 12.15 noem BITTERHEID 'n giftige loot. Bitterheid ontstaan uit klein oortredinkies wat ons nie (wil) vergewe nie, die molshope waaroor ons bly tob. Dit kan ook die gevolg wees van emosionele wonde, verwerping, teleurstellings, traumatiese ervarings ens. wat ons nie behoorlik verwerk nie. Hoe langer ons toelaat dat pyn, woede en teleurstellings in ons groei en en groter word hoe meer besmet dit ons hele wese; ons persoonlikheid, gesindheid en gedrag, ons perspektief en ons verhoudings lei daaronder...dit verander ons. Le jou bitterheid af, kies dit. Bid saam; Here ek het toegelaat dat my kwaad en seer, en my teleurstellings vatplek kry binne-in my en soveel bitterheid veroorsaak wat my eventually besoedel het. Ek het aan my kwaad vasgehou en aan al die onregverdigheid wat aan my gedoen word, oor en oor afgespeel in my kop en hart. Dit het gemaak dat ek oordryf met woorde en stories, dit het veroorsaak dat ek ander begin kritiseer en judge. Dat ek e...