Wednesday 8 April 2015

Rou tyd is verby

Die graf is leeg.

Hoekom hou ek dan nog begrafnis?
Hoekom hou ek aan om te rou oor al my foute en verkeerd wat ek al bely het teenoor Jesus?

Hoekom gaan ek oor en oor terug graf toe?

Die graf is leeg.
Soms dink ek dat ons baie kere nie waarlik tot die besef al gekom het, dat Jesus vir al ons foute gesterf het nie.

Vir 12 jaar lank glo ek dat ek vir altyd aan die gevolge gaan dra van die verkeerde besluite wat ek 27 jaar terug en 20 jaar terug gemaak het. Dit terwyl ek glo die Here het my vir al my ander sondes vergewe.

Ek het Sondag 'n lightbulb moment gehad - tot die insig gekom, ek is waarlik vry en dat ek nie die gevolge langer hoef te dra nie.

Dit het my gebukkend deur die lewe laat gaan en my terug gehou van ander dinge waarvan ek vry wou kom maar bang was ek maak weer 'n verkeerde besluit. En dat ek aan 'n drie-dubbele-dosis gevolg gaan moet dra.

Ewe skielik voel ek lig.
Sy juk is sag.

Ek hoop al die blomme by die graf vrek wat ek so mooi vertroetel het.
Want ek gaan wragtig nie weer terug soontoe nie.


 

No comments:

Post a Comment