Thursday 8 January 2015

Happy New Year?

Happy New Year het vir my 8 dae terug baie inspirerend geklink - ek het gedink aan 'n nuwe jaar en dat ek dit met albei hande gaan aangryp. Ek gaan my mind apply, my gedagtes gevangene neem en dit werklik my eie maak. Ek gaan positief die jaar ingaan. Ek gaan dit maak werk. Ek gaan myself forseer om die jaar happy te maak. Ongeag wat ek regtig voel. Of deur werk. Dis deel van die lewe. Mens leer om content te wees.
 
Dit is immers 'n nuwe jaar. Nuwe begin. Nuwe seisoen.
 
Gisteraand ervaar ek 'n vreemde droom en iets wat ek selde doen, het ek die geestelike verduideliking van die droom gaan opsoek. Want die droom spook by my.
 
En daar verwoord google my hart, my innerlike worsteling wat ek self nie kon verwoord nie. Nog nooit die moed gehad het om dit neer te pen nie.
 
Hoe nou. Dis die moeilikste deel van alles. Hoe begin ek die verandering? Ek verwelkom verandering, dit maak my glad nie bang nie. Inteendeel. Maar hier in hierdie kruispad wat ek myself by vind, waar begin ek, waarheen draai ek? Links, regs?  Ek weet ek moet self hier uit kom, self my lot - miskien klink omstandighede na 'n beter woord - verander.
 
Miskien klink die google translate vir jou maklik. Vir my is dit op die oomblik soos 'n maze. Daar is baie meer emosies en dinge agter die verduideliking, die woorde. Baie trane, slapelose nagte. Ek weet wat ek eerder wil doen, my droom najaag. Dis net nie altyd so maklik en prakties of finansieel moontlik om by die volgende bushalte net dood eenvoudig net af te klim nie.
 
Ek glo die Here van die Heelal, die Een op wie ek vertrou, wat my Redder en Rigtingwyser is, het my die kruispad gewys. Hy ken my hart, my vrese, my concerns, my begeertes, my drome en ek weet dat Hy my hier iets uitwys -- ek moet die tree gee... ek moet in aksie ingaan, en ek weet net nie hoe nie.
          Perhaps you are finding it difficult to relax, to get out of the demands of the ‘traffic’ of your life – other people, demands made upon you, responsibility and commitments. This might also suggest you can’t find your place in life, and feel out of the flow of events – sort of mismatched timing.
         There is also a possibility it shows you feeling that you can’t get on with things you want to do.
Ek ken die regte 'christelike' antwoorde.
Vandag... is dit easier said than done. Vir my.

No comments:

Post a Comment