Thursday 16 January 2014

Word makliker


Vir hierdie jaar 2014....

 
As jou woorde nie sagter is en jou dade meer liefdevol omdat jy agter Jesus as Heer aanstap nie, dan is jou volg-afstand te groot.

Loop naby genoeg aan die Man van Nasaret dat sy stof gedurig op jou eie voete spat.

Loop naby genoeg aan die Here sodat Sy liefde vir God en mense afgee op jou.

 
Dan verander jy al hoe meer in die regte Rigting.

 
Dan volg jy Jesus tot daar tussen al Sy gunsteling mense wat vandag hemelse brood en water benodig.

No comments:

Post a Comment