Woman

Wie is Jy.
As Vrou. As Vriendin. As Minnares.

Kon jy al ooit die pad loop en dit vasmaak in jouself, wie jy is as vrou. Of hardloop jy nog steeds weg vir iets, die donker… in jou? Die tyfel. Die worsteling. Wie is ek.? Waar hoort ek?

Jaag jy nog steeds na die mens, ‘n ideal wat jy graag eerder sou wou wees? Die beeldskone vrou soos in die flieks, wat langs haar man wakker word en wie se mascara nog steeds op haar wimpers is, hare, so sexy deurmekaar… asem nog steeds vars … of die vriendin wat so vlyend in haar gasvrou rol pas, die een met wie almal graag wil vriende wees. Of die ma wat na haar 2de kind dadelik in haar jeans kon impas en sie se lyf onaangeraak is deur haar swangeskap.

Het jy al werklik vrede gemaak met die rekmerke om jou heupe; op ‘n goeie dag kan dit van ver af soos ‘n swaargewigkampioen se belt lyk.

Ek het na baie trane en vrae besluit dat ek nie rekmerke het nie. Vir jou sal dit dalk so lyk. Maar dit is inderwaarheid ‘n bewys dat ek ‘n uitverkorene is. Handpicked.

Uitgekies is deur die Here Homself, om lewe te skenk aan ‘n nuwe generasie. Wow. Hoe kyk jy na jou lyf?

Die tempo van ons daaglikse bestaan is so vinnig dat ons by die mooi verby jaag. Ons mis als in die proses. Oppad apteek toe vir jou maandelikse hormoon pille beplan jy al op watter stadium jy die steak gaan omdraai… voor of na jy vir Sarel jnr. in die bad gaan sit. Jy moet beplan, dis van belang want êrens tussen in moet jy nog jou oog hare ook gepluk kry.
Ons begin om onsself af te skeep … jy dra jou man se ou t-shirts – sodat wanneer jy buk moet die boude toe bly. Want aai daai rekmerke! Waar is die dae wat jy sommer maar net oor sommer, sommer is, ‘n laaaaaaang bad getap het. Kerse op die bad se rand. ‘n Lekker vól bad. Net lekker ontspannend. En die beste… Met ‘n boek. Salig. Sielerus sê ek jou. Een van daai lekker love-stories wat maak dat jy die warmkraan kort-kort sommer so met jou tone oopdraai... Want jou plek moet jy net nie in die storie verloor nie.

Wanneer laas het jy net aanjouself gedink, sonder om skuldig te voel? Jouself net bederf met die klein dingetjies.

Ek het die fout gemaak en vir jare gedroom dat my man my sou bederf. Als vir my doen en gee wat vir my lekker is. Soos ontbyt in die bed. Net sóms. Of ‘n blommetjie. Of ‘n onverwagse Milo in die middel van die nag. Net sommer omdat hy jou geselskap wou opsoek om bietjie te chat… te chat.

Ek het gewag en gewag. Ek wag nou nog. Toe een goeie dag besluit ek om dit vir myself te doen. Ek hoú daarvan om koffie of tee uit ‘n koppie en piering te drink. Maar bekers het oor die jare soos ‘n sprinkaanplaag my huis betrek. Ek dek toe vir my ‘n skinkbord. Met ‘n lappie. Die workx. Met ‘n blommetjie uit my tuin uit wat ek in ‘n ou glas soutpotjie moes sit. ‘n Ou melk en suikerpot wat se oorsprong nou nog ‘n raaisel is; maar ek het soos ‘n koningin gevoel. Eers half stupid moet ek sė. Half verleë. Toe spaar ek vir ‘n teestel.! Want dit was fantabulous vir my om so lekker en vroulik te voel. Ja, vroulik en daar het ek toe sommer lus om vir my ‘n rok of twee te gaan koop. Tė lekker. Een van daardie lekkers wat jou pinkie sommer vanself in die lug in spring.

Die lus vir bederf raak groot en ek en my een vriendin kuier-kuier so lekker saam en besluit ons moet dit wat ons ervaar gaan deel met ons ander vriendinne. Getroudes en ongetroudes. En ons besluit saam dis die beste 2de beste! Ons maak dit toe ‘n instelling en kuier al-om-die beurt bymekaar. So kry elke een ‘n beurt om gasvrou te speel. Ons dress op. Dra hoede en eet en drink net soos ‘English dames’. Tussen die gekuiery bid ons storms los. Breek vestings af. Kry beheer terug oor ons gesteelde grondgebiede. Ons bid en beskerm mekaar. Ons huil en troos en preek vir mekaar.

Saam die Here, loop ons bendes storm.

Ons is close. Ons is ‘n eenheid.
Geroep.
Gered.
Gefokus.

Ons is meisies met missies.
Ons het dit besluit. Dit als begin met ‘n persoonlike keuse. Jou eie wil.

Ons is 6 vrouens. Met ‘n verlede.
Ons was verstote, verlate, verinneweer, verraai, verwerp, verrot

Nou is ons verlos.
Ons het hoop. Ons het ‘n toekoms. Ons het visie. En geloof.

Wat het jy?
Wantroue… wanhoop…of hoop, geloof?

Wie is jy? Hoe sien jy nog jouself?
Verslaafde… sondaar… prostituut of ‘n dogter, ’n bruid… skoongewas deur die Bloed van die Lam.

No comments:

Post a Comment