Persoonlike Versorging

Persoonlike versorging is net so belangrik soos tande borsel.
Net so belangrik soos innerlike versorging. Om netjies en skoon te wees is belangrik, want jou liggaam is jou verantwoordelikheid. Goeie rentmeesterskap is hier ner so van toepassing soos wat jy moet hê oor jou huis, jou finansies, jou werk.
Ek kry so baie te doen met die vroue wat almal om hul sorg. Behalwe hulself. Gesig was en hare kam is die totale omvang van hul eie, persoonlike versorging. Van hul mooi maak.
Om skoon te wees en lekker te ruik is noodsaaklik! Dit is grillerig om naby aan vuil, stink en onversorgde mense te wees en te werk. Nevermind nog om by so ' n mens te bly!

Vind uit wat jou veltipe is en beplan jou basiese velsorg rondom dit. Skoon hare is 'n moet! Jou hare is jou kroon. Jou hare is so deel van jou gesig en naas jou oё, die ding wat mense altyd raak sien. Behandel jou hare met behandelings - kry ou boererate by die ou tanie langs jou as jou ouma nie meer lewe nie.

Jou hande is ook 'n deel van jou liggaam en moet derhalwe ook dieselfde behandeling kry as jou liggaam. Hou jou naels skoon en versorg dit, sien toe dat dit eweredig gevyl is. Jou vingernaels bestaan uit keratien (dieselfde stof wat in hare voorkom). Gesonde naels is sterk en soepel, glad en pienk van kleur, soos hare, hulle proteïene, vitamiene en spoorelemente wat nodig is om te groei. As 'n mens siek is, lyk tot selfs jou hare en naels oes. As jou naellak besig is om af te gaan, haal alles af. Halfpad op of halfpad af... dit lyk aaklig.
Die kersie op die koek van persoonlike sorging is versker goed versorgde voete! Voete is gewoonlik die laaste plek waar baie vroue min aandag aan gee. Moet asseblief nie jou voete hou vir laaste nie. Droё, gebarste velletjies wat in alle rigtings staan soos krimpvark op aanval lyk, is taboe! Skuur jou voete! Jou toonnaels moet altyd kort en skoon wees. Nie soos 'n artappel-plantasie nie. Onversorgde voete, is in baie gevalle, 'n manifestasie van 'n dieper, onuitgesorteerde seer.
Solank as wat jy bo blink ... niemand moet eintlik sien iets binne-in my is dinge nie eintlik lekker nie.

'n Wond. 'n Seer.. iets vrot.