Homemakers

Homemaker... Tuisteskepper ... Dit is jou huis. Maar verseker ook jy. Vrou. Hoe sien jy jou huis? Het jy die perfekte huis, netjies en aan die kant. Wat lekker ruik, miskien met vars beskuit wat pas uit die oond uitgekom het of dalk 'n goeie stew, wat staan op die stoof en liggies prut? Of miskien net 'n vars reuk van pas gepoleerde vloere... nes jou ouma sin?


Of is hierdie beelde so ver van die werklikheid dat jy tot die gevolgtrekking gekom het dat dit net beskore is vir vroue met permanente huishulpers wie se huise so lyk? Vroue wat nie 8 uur per dag werk nie?
Of dalk is jy een van die vroue wat wel by die huis is, en omdat die kinders versorg moet word en rond gery moet word, is jy en jou huis die heel laaste plek waar jy tyd kry om by uit te kom ...

Jy het net nie die tyd nie, of jy is net te moeg, of dit nou 'n voltyds ma of beroepsvrou is. Het jy die punt bereik waar jy net opgegee het? Want vir wat? Vir wie? Niemand gee om nie? Die kinders krap in elke geval als weer binne 'n paar minute om, en skreeu en mooi praat help niks.

Wanneer iemand - enigiemand wat asem haal aan jou deur kom klop, probeer jy eers met die persoon deur die loergat kommunikeer, want jy skaam jou dood as iemand net moet sien jou huis is so deurmekaar... en dat jy nog in jou pajamas is...

Maak jy nog steeds verskoning vir die toestand waarin jou huis is? Gee jy nog ooit om oor hoe dit daar lyk?

So baie keer het ons begin om met die deurmekaargeit saam te leef, dat dit so deel van jou lewe geword het, dit raak jou meer nie.

Maar, diep binne-in jou is dit nie werklik wie jy is nie. Wie jy wil wees nie.

Onthou jy nog oor hoe jy gedroom het jou huis sal lyk? Van hoe "om-top-of-the-world" jy en jou lewe gaan wees? Hoe jy fotos versamel het en 'n plakboek begin het - vertrek vir vertrek oor gedroom het. Jy het skoon liries geraak oor 'n skoon ruim wit kamer. Drome gedroom het op 'n sneeu with duvet, en snoesige wit mat voor die kaggel. Jy het gedroom oor hoe vroue jou sou beny oor jou vermoë om kleure en dinge bymekaar te bring en meng, oor hoe jy mense sal verwelkom in jou woonkamer, netjiese, skoon lyne, minimalisties maar warm, uitdagend ...

And then life happens...

Jy niks van die aard gedoen het. Niks in en van jou huis, weerspieël jou nie. Jou plakboek vol drome is êrens in 'n kas weggebere. Vergete.

Sonder dat jy dit weet of sien, is jou huis 'n spieëlbeeld van wie jy is. Wat binne-in jou aangaan. Elke vertrek weerspieël die verskillende dimensies van jou siel.

Hoe lyk jou huis? Gaar jy obsessief op en maak als bymekaar wat ander om jou eerder sal weggooi? Is jou gangmure so behang met fotos dat dit lyk asof dit enige tyd gaan kantel? Is jou matte so vuil dat jy al vergeet het wat is die oorspronklike kleur? Jou oond is so lanklaas geskrop en jou liaseer werk agterstallig. Jul moet saans voor die t.v. sit en eet omdat jou eetkamer tafel toe is onder die onoopgemaakte pos. Die bad se rand was 2jaar laas ge-silikon en die teel onder die kraan moes al vervang geword het. Jou vaddoeke smeek om ge-jik te word en jy wens jou potte het geblink soos jou ouma sin.

Als in jou huis wys waar jy begin ophou droom het. Jou kamers het elkeen 'n storie. Dit dui op jou teleurstellings, onvergenoegdheid, vergete drome, depressie, moegheid, verslawings. Erens is 'n diep seer. Miskien 'n geheim .. iets wat jy gedoen het en tot vandag toe nog so skaam is daaroor, maar jy kan jouself net nie daarvoor vergewe nie. Miskien was dit 'n verkragting, of dalk molestasie, 'n aborsie...

En dit is net hier, waar ek jou daarop moet wys dat die manifestasies van jou pyn, baie selde net in jou huis of motor toon. 'n Mens sien dit baie duidelik op jou gesig, dit wat uit jou mond uit kom, hoe jy na die lewe kyk en hoe jy is.

As Vrou.
As minnares.
As vriendin.

Jy begin jouself af te skeep, nie net jou huis nie. So baie keer sien ek dit, oor en oor, dat vroue so agtermekaar lyk, jy kan hul deur 'n ring trek, maar wanneer jy dieper kyk sien jy die onversorgdheid ... uit-die-oog-uit-areas. Daar sien jy die verwaarloosde areas, gebarste hakke en toonnaels met die laaste Kersfees se rooi nog sigbaar soos tussen die nuwe Valentine pienk naellak.

Van ons het dit al bemeester om mense om die bos te lei met ons voorkoms. Niemand kan enigsins fout vind nie. Ons kamoeflering is pragtig. Ons kon 'n grammy gewen het met die rolle wat ons al so vervolmaak het. Ons klim pens pootjies in hierdie Kostuums in. ... totdat jy begin praat - sonder dat jy dit eens agterdom. Dan borrel jou pyn soos 'n waterval uit jou binneste uit. Jy sal nie huiwer om jou hande in die lug te gooi en jou vingers in 'n sekere rigting trek om iemand iets leliks to te snou nie.

Miskien is jy jaloers op jou kollega se manier om werkslading te hanteer, of iemand anders se gewildheid, dat jy selde iets goed van haar kan se. Jy vloek en skinder vir 'n vale.

Hierdie is alles deel van die seer en opgekropte emosies binne jou en jy dink jy is oraait, jy het beheer. Jy het nie... Jou seer, jou opgekropte emosies het eintlik beheer oor jou.

In hierdie heel eerste hoofstuk van Restourasie, vertrou ons die Here om daardie ding, die pyn wat van jou besit geneem het, om dit oop te breek en te genees.

Want dit is God se droom dat jy, die volle JY sal wees. Dat jy gelukkig moet wees. Dat jy vrede binne jou sal he. Met jouself en met ander.

November - a month for a fresh NEW start

Israel's Restoration Amos 9:11-15 "In that day I will restore David's fallen tent. I will repair its broken places, re...