Thursday 13 August 2020

If things were simple, word would have gotten around

 

Dit is nie so maklik nie, maar…

Dit is nie so maklik soos wat jy dink nie. Of so eenvoudig nie. Gereeld hoor mens sulke uitdrukkings. Hulle wat sulke dinge sê is heeltemal reg. As dit so maklik of so eenvoudig was, dan was dit! Dan het almal dit reggekry. Tereg het die Franse filosoof Jacques Derrida gesê: “If things were simple, word would have gotten around.” Niks wat die moeite werd is kom maklik nie. ’n Goed geleefde lewe gaan daaroor dat ons moeilike dinge baasraak, ook op geloofsterrein. Van laasgenoemde gepraat - as dit maklik was om Jesus te volg, dan het almal dit gedoen. Dan het almal hulle kruise opgeneem en Hom gevolg soos wat Hy in Markus 8 vir ons sê. Tog is dit daardie klein groepie wat bereid is om hulleself te verloën en Hom al die pad te volg wat sin en betekenis in hulle lewens vind. Geloof vra ’n berg om elke dag te klim, maar ter wille van die vreugde en die vryheid wat sulke bergklimmers vind in die Here, is dit oor en oor die moeite werd. Dit is om die hemele oop te sien bokant hulle koppe. Dit is om nuwe lewe te voel bruis. 

~ deur Stephan Joubert

No comments:

Post a Comment