Sien my raak
Om gesíén te word Om werklik deur mense raakgesien te word is ‘n wonderlike ding. Dink aan die manier wat die Zoeloes mekaar groet: Sawubona – ek sien jou ! Erkenning is ‘n basiese emosionele behoefte by alle mense. Daarom dat – waar elke mens gesien of gehoor voel – daar gewoonlik goeie, gesonde en hoopvolle verhoudings heers. In die nuutste DC-fliek, The Joker , wat tans in teaters draai, sien ons egter wat gebeur wanneer die omgekeerde plaasvind. Die prent speel af in die Batman-wêreld van die DC comics-genre, destyds geskep deur Bob Kane. Die Batman-karakter speel egter byna geen rol in die fliek nie en die storie verduidelik eerder hoe dit gebeur het dat die euwel karakter van die Joker ontwikkel het, een van die mees populêre superhero villains in die comics -wêreld. The Joker vertel die storie van Arthur Fleck, ‘n gewone goeie mens wat ‘n traumatiese lewe het. Hy voer ‘n sukkelbestaan as ‘n komediant maar beleef to...