Friday 1 June 2018

so kom ek om

Die dorheid van die rivier-bank se krake maak my deurmekaar

Dis droog. Winterdroog.

Die leilikheid daarvan laat my wegkyk

Is dit hoe ek lyk – krakerig?

Find me in the river…

my siel ontbloot – niks daarvan is mooi nie

my make-up smeer die seer van die lewe nie toe nie

teleurstellings het my onderlaag geword

en verwerping le soos mascara strepe oor my wange

with my soul laid bare

wanneer het die strome lewende-water dan ophou vloei?

Ek probeer die seer verwoord

Verduidelik

Verstaan

Daar is niks. Geen antwoorde val in my verdorde gees in nie

net ‘n doodse stilte wat my gebeendere laat krom trek

In the valley of the shadow of death

Ek moet profeteer – oor die dooie bene

Opstaan en die stof afskud

waar begin ek

wat se ek as ek self nie eers aan more wil dink nie

My woorde echo in my verhemelte vas

dit kom nie uit nie

Waar sal my hulp vandaan kom!

I didn't count on suffering but if the blessing's in the valley ~ then in the river I will wait


 

No comments:

Post a Comment