Monday 15 September 2014

The cult of the next thing

Ons leef in ’n advertensie-aangedrewe wêreld wat ons leer dat ons nuwe dinge moet hê om gelukkig te wees.
 
Mark Buchanan beskryf hierdie siekte waaraan baie mense ly as: “The cult of the next thing!” Dit maak dat ons nooit tevrede is met wat ons tans het nie; dit gaan oor daardie volgende nuwe ding wat ons moet hê. Nimmereindigende behoeftes dryf ons dan om nog en nog te wil inpalm.
 
Wat is die genesing vir hierdie selfsugtige behoefte-aangedrewe lewenswyse? Psalm 23! Ja, jy het reg gelees! Ons moet weer Psalm 23:1 van harte glo: “Die Here is my herder.” Ons beaam dit graag.
 
Hoor egter wat skryf Dawid direk hierna: “Ek kom niks kort nie.” Saam met Dawid moet ons ophou om gedurige tekort-kommers te wees. Dit vernietig ons lewens. Ons moet leer ons het genoeg as die Here ons herder is.
Hy is meer as genoeg!
 
~ ekerk

No comments:

Post a Comment