Thursday 24 July 2014

Lei my na groen weivelde Here

Ek voel vuisvoos.

Miskien is dit die misluke vaalheid van die winter.

Die seisoen is die jaar té lank. Voel asof ek net stof sluk.

Boonop voel ek skuldig omdat ek wegkruip -

Vir mense.

Wil niemand sien nie, nie hoor nie, nie praat nie.

Skuiling vind van alles wat my energie tap en my aandag opeis.

Ek wil intap. Soak... Terugtrek totdat ek weer mens voel,

totdat ek nét my Vader se harklop kan hoor

Ek wil niks stadsgeluide hoor nie.

Ek smag na stilte. Heel-word-stilte. My-self-weer-vind-stilte.

Ek wil verlore raak in my eie droomwêreld en my verbeel ek kan die geruis van engel-vlerke hoor. Hemelse geluide.

Ek wil terugtrek en stil raak totdat ek die Here se liefde kan hoor.

Totdat ek myself weer vind en weer lief kry.

Totdat ek genoeg van oor het en ek meer genade en geduld vir my naaste het.

Totdat die vrug van die gees my ritme raak en siele om my verkwik.

Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U my Heer. My siel dors na U, na die lewende God … Ps 42

No comments:

Post a Comment