Vir die eerste keer in 45 jaar besef ek -miskien- 'n stukkie van die Here se onverstaanbare liefde vir ons, Sy kinders... Ek se miskien want ons verstaan immers net gedeeltelik. My (toe) 2 weke oue kleinkind kry verkoue. Ek self kry op daardie stadium nie 'n verkoue afgeskud nie en voel baie goor - en bid in alle erns vir Sy genesing. Hy hoes so dat hy in die proses verstik en dan huil want hy kry nie asem nie. Terwyl ek bid, vra ek in groot erns vir die Here om sy siekte op my te plaas, ek sal dit dra, solank daardie klein lyfie net gesond kan word en beter kan asemhaal! Ek kon dit nie verdra om hom so te sien nie. En in daardie oomblik, tydens my ernstige gebed, laat die Here my besef hoe HY oor ons voel... dat Hy ons net so jammer kry wanneer ons siek is, en swaarkry... soveel so dat Hy Sy Seun gestuur het om alles op Hom te vat, dit vir ons te dra... Net soos wat dit my hart wou breek om my klein outjie so te sien suffer, so breek dit ons Vader se har...