Feestyd, Rustyd, Vastyd, Jesus se tyd
Toe ek die eerste keer die foto sien het ek vir ‘n vlietende oomblik gewonder of ek dalk moet aanstoot neem want mens word min gekonfronteer met Jesus en Kersvader in een foto. Dit ‘hoort amper nie bymekaar nie’. Maar iets anders het hardnekkig in my gees kom vasskop hoe langer ek na die prentjie kyk. ‘n Vader wat vir Sy skepsels ‘n Offer bring. ‘n Vader wat bereid is om Sy Seun vir ‘n gebroke wereld te gee sodat ons 'n verhouding met Hom kan he... Vir my is dit ‘n uitbeelding van ‘n liefdevolle en baie hartseer Vader wat met ’n swaar hart Sy geliefde Seun in ’n krip neerle, wat Homself moet wegskeur van die liefde in die oe wat na Hom terugstaar.... oe wat se "Ek verstaan Vader". Nogtans U wil. In ‘n tydlose oomblik voer Pa en Seun die mees intiemste gesprek ... My Seun, weet dat Ek Jou met alles in My lief het. Alles wat Jou gaan seermaak, gaan My net so seermaak want Ons is Een. My ingewande is in beroering...