Tuesday 22 May 2018

pornografie is ‘n simptoom van emosionele diskonneksie

Fastfood is ‘n simptoom van ons gejaagde lewe, so is porn ‘n simptoom van emosionele diskonneksie.
 
Die emosionele diskonneksie begin nie met die huwelik nie, dit begin met jouself. Die meeste mans wie ek sien wat verslaaf is aan pornografie, gebruik porn om ‘n emosionele vraag te beantwoord.
 
Is ek goed genoeg?
Is ek begeerbaar genoeg?
Is daar geluk daar buite vir my?
 
Nou dat ek daaraan dink, is dit seker dieselfde redes hoekom so baie vrouens dit geniet om Mills and Boons te lees. Dit antwoord die vraag “Hoe kon my lewe anderste gewees het?”
 
Hierdie is ‘n normale vraag en ons almal wonder soms of dinge anderste sou uitgedraai het vir ons. Maar totdat ons nie ‘n plek van innerlike vrede met ons hier en nou kan vind nie, sal daar altyd ‘n emosionele vraag wees wat fastfood en pornografie vir ons sal beantwoord.
 
Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ons 24 verskillende aanlyn kursusse het wat jou gaan kan leer hoe om jou seksualiteit beter te verstaan en gesonder te bestuur in jou huwelik.
 
 
~ deur Timothy Kieswetter

No comments:

Post a Comment