Emosionele Welstand
Om na jou geestes-en emosionle gesondheid om te sien, is net so belangrik soos jou fisieke gesondheid. Geestes-en emosionele stres sal jou fisieke gesondheid kan benadeel.
Dinge in ons verlede, in ons verhoudinge, hetsy met jou huweliksmaat of vriende, kry ons seer. Word ons teleurgestel , gekritiseer of dalk verwerp. En hierdie dinge haak aan ons vas. Soms troetel ons daardie pyn , soms hou ons dit vas, en dit veroorsaak dat ‘n vesting binne-in ons vorm. Ons leer nie om te deel met die goed nie. Ons se soveel keer dis verby, dis water onder die brug. Soms gaan ons sover en se ons vergeef die ander person. Tog, ten spyte van die vergifnis wat ons spreek, bly die ding binne in ons want ons blok dit eerder uit ons sisteem uit as wat ons daarmee deel. Dit het ‘n manier geword om te cope met die lewe. Deur dit uit te blok. Amper half voor te gee dit bestaan nie, dit het nie regtig gebeur of ons geaffekteer nie.
En baie kere, om te ontsnap van ons teleurstellings en seer, ons gedagtes, laai ons dinge op ons vurk. Ons wil ons besig hou met ander goed. Enigiets, net om nie aan die pynvolle dinge te dink nie. Die ironie van onderdrukte pyn, is dit surface altyd na oppervlak. En omdat ons nie weet hoe om dit te hanteer nie, probeer ons dit –onbewustelik – te onderdruk. Deur te eet, te werk of fanaties te gym, of jy raak betrokke by pornografie… Verwerping, kritiek, pyn, molestasie, ens veroorsaak dat jy ‘n lae selfbeeld ontwikkel, en onseker oor jouself begin voel, jy twyfel in jou eie vermoens.
Ons bou mure om ons. Ons gee voor. Ons sit maskers op.
Tussen dit alles deur, moet baie vrouens vandag gesins-verpligtinge met werk probeer balanseer. Dikwels het jy nie tyd vir jou as persoon nie omdat jy gedurig van jouself moet gee. As gevolg van al die verpligtinge wat ons het, en baie kere wil he, kan ons nie altyd die druk hanteer nie. Jou masker raak jou behoud omdat dit baie belangrik raak dat mense jou as ‘iemand’ moet sien, professioneel, bedagsaam, betroubaar, vriendelik. Saans as jy by die huis kom dan haal jy dit af, jy’s jou ou self, geiriteerd, emosioneel... dis dan hier waar jou gesin, jou geliefdes, die lelik van jou beleef.
Ons het onsself al so geprogrammeer om perfek te lyk vir die wereld – ons moet sterk staan in moeilike omstandighede – ‘n –niks-is- fout nie-beeld. Maar wanneer niemand kyk nie, wil ons op ‘n hopie sit en huil – want ons is so stukkend binne ons het nie geleer om met ons seer te deel en dit uit te sorteer nie – dan wanneer iemand op ons toon trap of as die wasmasjien om een of ander rede nie wil spin nie is dit dan net te veel.
Al die bagasie… dit tap ons energie… en ons selfbeeld….
Dis dan ook wanneer ons nie meer moeite met onsself en vir ons gesinne doen nie.

Haai Suzette,
ReplyDeleteKan ek gou met jou deel hoe die Here met my bemoeienis gemaak het die paar dae voor Sat. Ek het altyd probeer hard wees en het my masker baie goed gedra. Vanaf die Don. het ek baie broos begin word. Die trane het maar vlak gesit. Net voor ons Sat begin het, toe Danelle my uit geroep het het ek vir haar gesê ek voel glad nie in beheer nie en voel onvoorbereid. Daar het die trane al meer begin vlak sit.
Ek weet nou die Here wou hê ek moes geheel en al oorgee sodat hy my nuut kan maak. Die nuwe begin van my huwelik het beslis begin. Ek het gebid en vir die Here gevra waar sondig ek nog so baie. Ek probeer maar dinge vlot nie. Vergewe en vergewe en nie 'n blokkasie wees vir die HeiligeGees om met my man te werk nie. Eer jou man en wees 'n hulp vir hom waar hy swak is. Moet hom nie eers in jou gedagtes stenig nie. Ek voel vry en skoon. Alle eer aan die Here.
Suzette, die gebed wat jy vir ons daar saam laat bid het, stuur asb vir my die woorde. Ek wil dit graag my eie maak.
Seën en voorspoed vir jou.
Annatjie
Suzettie,
ReplyDeleteMy ou vriendin. Ek kan nie eens begin om vir jou te probeer beskryf wat jy vir my beteken nie en sal dit ook nooit genoeg kan sê nie.
Die Here het my regtig geseen deur jou oor my pad te stuur. Jy is regtig vir my ‘n “life line”.
Jy pluk aan hartsnare wat ek nie eens geweet het bestaan nie.
Daar is ‘n stukkie in die Nuwe Testament wat sê jy moet mense goed behandel want jy weet nooit of dit ‘n Engel van die Here is nie. Ek dink toe jy tot bekering gekom het, het jy ‘n extra maat godelikheid ontvang en is jy waragtig so ‘n Engel.
Al wat ek kan sê is baie dankie vir al jou hulp en ondersteuning. Sonder jou as spreker vir God sou ek nie vandag gewees het waar ek is nie. Baie dankie en mag God jou net meer en meer Bless.
Liefies
Suzi
Baie baie dankie vir die mooi woorde!
ReplyDeleteKan iemand my help asb met: bespreek 4 gebiede waarin verdriet die klient affekteer?
ReplyDeleteDaar bestaan 3 uiterste denkrigtings omtrent die oorsake van persoonlike probleme,bespreek dit. Kan iemand help asb.
ReplyDelete