Posts

Showing posts with the label Homemakers

Wat Restourasie aanbetref...

Dit is ‘n 6 weke lange intieme self-ondersoek en uiterlike restourasie om jou self-waarde te herstel. Saam worstel ons deur issues soos; Homemakers. Jy en Jou huis. Hoe lyk dit, vervalle? Emosionele Welstand. Daardie diep seer binne-in jou wat jy vir die wereld wegsteek. Hetsy dit ‘n seer is van abuse of dalk jou maat se pornografie verslawing. Daardie ‘water-onder-die-brug-seer’. Leefstyl Eetgewoontes & Jou gewig. Kleredrag. Ons kyk na style wat by jou pas. En dan laastens spandeer ons tyd by Jou. As vrou, vriendin, minnares, christen. Hoe bederf jy jouself? Hoe cope jy?

Homemakers

Image
Homemaker... Tuisteskepper ... Dit is jou huis . Maar verseker ook jy. Vrou . Hoe sien jy jou huis? Het jy die perfekte huis, netjies en aan die kant. Wat lekker ruik, miskien met vars beskuit wat pas uit die oond uitgekom het of dalk 'n goeie stew, wat staan op die stoof en liggies prut? Of miskien net 'n vars reuk van pas gepoleerde vloere... nes jou ouma sin? Of is hierdie beelde so ver van die werklikheid dat jy tot die gevolgtrekking gekom het dat dit net beskore is vir vroue met permanente huishulpers wie se huise so lyk? Vroue wat nie 8 uur per dag werk nie? Of dalk is jy een van die vroue wat wel by die huis is, en omdat die kinders versorg moet word en rond gery moet word, is jy en jou huis die heel laaste plek waar jy tyd kry om by uit te kom ... Jy het net nie die tyd nie, of jy is net te moeg, of dit nou 'n voltyds ma of beroepsvrou is. Het jy die punt bereik waar jy net opgegee het? Want vir wat? Vir wie? ...