Tuesday 25 February 2020

Kyk, 'n beroering!

LEES: Esegiël 37:7: "En sodra ek geprofeteer het, was daar 'n geruis, en kyk - 'n beroering!"

Jy sien, maak nie saak wat die omstandighede is nie, wanneer God in 'n saak inkom, is daar 'n beroering. Wanneer God ingryp in 'n siektetoestand, dan verander dit. Wanneer God ingryp in finansies, dan verander dit. Al lyk jou situasie vandag heeltemal onmoontlik, al voel jy jy sien nie meer kans nie, weet dit: as God in jou saak ingryp, kom daar 'n beroering. Daar moet 'n verandering plaasvind. Niks kan standhou voor die krag van God nie. Geen siekte, geen omstandigheid, geen probleem kan bly staan in die teenwoordigheid van God in Jesus Christus nie. 


Ons het nodig om te besef dat ons God onvoorwaardelik moet vertrou. Sou 'n mens hierdie hele gedeelte lees sou jy onder die besef kom van die hopeloosheid van hierdie situasie en die profeet sê: toe ek geprofeteer het kyk 'n beroering. So wil ek vandag vir jou sê: vertrou God en daar sal 'n beroering in jou situasie kom.

GEBED: Here, laat ons net op U vertrou en, omdat ons op U vertrou, bring 'n beroering, in Jesus Naam. Amen.

No comments:

Post a Comment