Feestyd, Rustyd, Vastyd, Jesus se tyd
Toe
ek die eerste keer die foto sien het ek vir ‘n vlietende oomblik gewonder of ek
dalk moet aanstoot neem want mens word min gekonfronteer met Jesus en Kersvader
in een foto. Dit ‘hoort amper nie bymekaar nie’.
In ‘n tydlose oomblik voer Pa en Seun die mees intiemste gesprek ...
Maar
iets anders het hardnekkig in my gees kom vasskop hoe langer ek na die prentjie
kyk.
‘n
Vader wat vir Sy skepsels ‘n Offer bring. ‘n Vader wat bereid is om Sy Seun vir
‘n gebroke wereld te gee sodat ons 'n verhouding met Hom kan he...
Vir my is dit ‘n uitbeelding van ‘n liefdevolle en baie hartseer Vader
wat met ’n swaar hart Sy geliefde Seun in ’n krip neerle, wat Homself moet wegskeur van die liefde in die oe wat na Hom terugstaar.... oe wat se "Ek verstaan Vader".
Nogtans U wil.
In ‘n tydlose oomblik voer Pa en Seun die mees intiemste gesprek ...
My
Seun, weet dat Ek Jou met alles in My lief het.
Alles wat Jou gaan seermaak, gaan My net so seermaak want Ons is Een. My
ingewande is in beroering oor Jou. Wanneer Jy gekruisig gaan word, moenie moed
verloor nie My Seun, Ek sal Jou nooit begewe en Jou nooit verlaat nie. Ek is Jou Pa en Ek sal Jou sy nie vir een
oomblik los nie. Jy is kosbaar in My oe. Jy moet die mense-kinders gaan leer om te
vergewe soos Ek en Jy hulle vergewe, sodat Ons ook hulle sondes kan
vergewe. Vertel vir die mense-kinders
hoe oneindig lief Ons hulle almal het. Elke liewe een van hulle. Ongeag wat hulle al gedoen het. Weet My Seun
dat alles wat Jy moet deurgaan op aarde My wil vir Jou is. Maar wees sterk, Ek
sal My engele aangaande Jou opdrag gee om die pad vir Jou gelyk te maak. My
Gees sal op Jou rus en Ek sal Jou lei op die pad wat Jy moet loop. Ek sal My oë nie vir een oomblik van Jou afhaal nie. Moenie moed verloor nie My Seun, dis net vir
‘n kort rukkie dan is Ons weer bymekaar…
Comments
Post a Comment