Daar was ‘n tyd in my lewe wat ek nie meer met my man getroud wou wees, onder een dak met hom wou bly nie, en nie meer kans gesien het vir sy woede, venynigde woorde, spitefullgeit, drankmisbruik, ontrouheid ens nie. Ek was desperaat in my omstandighede en het my tot die Here gewend, my hart onvoorwaardelik vir Hom gegee en gevra om in te gryp. En Hy het. Maar in die tyd het die Here my gewys hoe om ‘oor’ te begin want ek het gou die blaam na my man gewend ‘want hy was immers die onregverdige een, die een wat ons nie mooi behandel het nie, ander se part eerder gevat het’,.. ens. Ek moes leer dat ek net soveel skuld het soos hy. Ek was verbitterd, opvlieënd, geirriteerd, onvergenoegd, (met rede!!), het hom nie ge-eer as die hoof van die huis nie, het hom nie gerespekteer nie, (want hy het dit nie verdien nie en was nie in lyn nie! ~ het ek geglo ). Ek het besef dat ek my eie onversoenlikheid teenoor my man moes belei. My verbittering, my woede, my hardheid van hart, my emosion...
Om na jou geestes-en emosionle gesondheid om te sien, is net so belangrik soos jou fisieke gesondheid. Geestes-en emosionele stres sal jou fisieke gesondheid kan benadeel. Dinge in ons verlede, in ons verhoudinge, hetsy met jou huweliksmaat of vriende, kry ons seer. Word ons teleurgestel , gekritiseer of dalk verwerp. En hierdie dinge haak aan ons vas. Soms troetel ons daardie pyn , soms hou ons dit vas, en dit veroorsaak dat ‘n vesting binne-in ons vorm. Ons leer nie om te deel met die goed nie. Ons se soveel keer dis verby, dis water onder die brug. Soms gaan ons sover en se ons vergeef die ander person. Tog, ten spyte van die vergifnis wat ons spreek, bly die ding binne in ons want ons blok dit eerder uit ons sisteem uit as wat ons daarmee deel. Dit het ‘n manier geword om te cope met die lewe. Deur dit uit te blok. Amper half voor te gee dit bestaan nie, dit het nie regtig gebeur of ons geaffekteer nie. En baie kere, om te ontsnap van ons teleurstellings en seer, ons gedagtes,...
Wie is Jy. As Vrou. As Vriendin. As Minnares. Kon jy al ooit die pad loop en dit vasmaak in jouself, wie jy is as vrou. Of hardloop jy nog steeds weg vir iets, die donker… in jou? Die tyfel. Die worsteling. Wie is ek.? Waar hoort ek? Jaag jy nog steeds na die mens, ‘n ideal wat jy graag eerder sou wou wees? Die beeldskone vrou soos in die flieks, wat langs haar man wakker word en wie se mascara nog steeds op haar wimpers is, hare, so sexy deurmekaar… asem nog steeds vars … of die vriendin wat so vlyend in haar gasvrou rol pas, die een met wie almal graag wil vriende wees. Of die ma wat na haar 2de kind dadelik in haar jeans kon impas en sie se lyf onaangeraak is deur haar swangeskap. Het jy al werklik vrede gemaak met die rekmerke om jou heupe; op ‘n goeie dag kan dit van ver af soos ‘n swaargewigkampioen se belt lyk. Ek het na baie trane en vrae besluit dat ek nie rekmerke het nie. Vir jou sal dit dalk so lyk. Maar dit is inderwaarheid ‘n bewys dat ‘n uitverkorene is. Hand...
Comments
Post a Comment