Die soeke van 'n onperfekte kind
Ek het 'n arend. Iemand wat lank terug die soeke van my hart raakgesien het, haar vlerke om my gevou het en my geleer het wat Goddelike liefde is. Wanneer ek terugkyk na die tyd wat ek onder haar vlerk geskuil het, wonder ek soms hoekom ons groot almagtige Vader dit so bestem dat ek , met soveel foute en nonsens , die geleentheid kon kry om onder vlerke wat so sterk is te mag skuil . Sterk in leiding, geduld, liefde en geloof. Ek kry soms skaam dat met al die geleenthede vir geestelike groei, al die bemoediging, insette en tyd wat spandeer is, ek nie ontwikkel het in 'n kragtige geestelike toring wat lig gee aan 'n donker w ê reld nie. Inteendeel, ek kom agter dat ek soms huiwer om Yeshua se liefde met iemand te deel , omdat ek wonder of dit die regte geleentheid is. Of self soms omdat ek wonder of daar nog enigsins van SY liefde binne-in my is. Ek hoop dat mense die LIG in my sien, al hoor hulle dit nie altyd nie. En dan word ek weer herinner