Die goue-draad van my lewe
Soos ‘n Dromer het U vreesloos en met oorgawe oor my gedroom.. Soos ‘n Argitek het U met sorg en kreatiwiteit my lewe beplan en uitgelê.. Soos ‘n Engineur het U brûe vir my gebou sodat ek U altyd kan vind, selfs paaie in proposie en harmonie gebou om my journey te vergemaklik.. Soos ‘n Steenmaker het U klei gemeng en sorgvuldig in steenvorms gegiet tot ‘n duursame eindproduk wat tot deur die wêreld beny word.. Soos ‘n Bouer het U met stowwe van die aarde sement gemaak en met baie geduld steen vir steen waterpas gelê op ‘n stewige fondasie wat alle storms sal kan weerstaan.. Soos ‘n Verwer het U die mooiste kleure gekies en met toegewyde passie en tegniek my mure geverf wat my persoonlikheid kunsinnig weerspieël.. Soos ‘n Binnerversieder het U al my verwatinge oortref met U styl en funksionaliteit wat alles van my menswees bymekaar bring.. Soos ‘n Inspekteur het U seker gemaak dat die bloudruk van my lewe ooreenstem met U volmaakte plan en my U bloedgew